Proteas eindig eendageeks op teleurstellende wyse maar wen reeks 3-2

Sri Lanka team celebrates the wicket of  Hashim Amla South African batsman during the 5th ODI between Sri Lanka and South Africa at R. Premadasa Stadium on August 12, 2018 in Colombo, Sri Lanka. (Photo by Sameera Peiris/Gallo Images)

Sri Lanka team celebrates the wicket of Hashim Amla South African batsman during the 5th ODI between Sri Lanka and South Africa at R. Premadasa Stadium on August 12, 2018 in Colombo, Sri Lanka. (Photo by Sameera Peiris/Gallo Images)

Die Standard Bank Proteas het die Eendagreeks teen Sri Lanka op 'n teleurstellende noot afgesluit toe hulle met 178 lopies in die laaste wedstryd by die R. Pramadasa Stadion in Kolombo afgeransel is.

Die besoekers het nogtans die reeks met 3-2 gewen nadat hulle die eerste drie wedstryde agtereenvolgens gewen het. Hulle skuif nou af na die 4de plek op die Internasionale Krieketraad se ranglys. Nieu-Seeland is in die derde plek omdat die Proteas die reeks met 5-0 moes wen om in die derde plek te bly.

Die Proteas is die taak gestel om 300 vir 'n oorwinning aan te teken, maar is vir slegs 121 in 24.4 boulbeurte uitgeboender - hulle laaste telling teen Sri Lanka. Die nederlaag is ook die tweede grootste teen die tuisspan.

Slegs vier Proteakolwers kon dubbelsyfers behaal en die enigste noemenswaardige venootskap was dié van 46 om die 5de paaltjie tussen Quinton de Kock (54 vanaf 57 balle 7 viere en 'n ses) en JP Duminy.

Die draaibouler Akila Dananjaya het amok gemaak en 6/29 laat kantel, die beste syfers ooit vir Sri Lanka teen die Proteas. Hy was ook die voorste bouler in die reeks met 14 paaltjies.

Daarenteen het Sri Lanka vier venootskappe van meer as 50 lopies gehad, met die hoogtepunt 'n onoorwonne 97 (97 balle, 11 viere en 'n ses) deur kaptein Angelo Mathews, wat die beurt geanker het. Hy het die geleentheid gehad om sy derde Eendaghondertal en sy eerste teen Suid Afrika aan te teken, maar moes 'n grenshou vanaf die laaste bal van die beurt aanteken. Hy kon toe slegs 'n enkellopie aanteken vanaf die boulwerk van Kagiso Rabada.

Rabada was terug in die span in die plek van Lungi Ngidi terwyl Aiden Markram vir David Miller vervang het.

Dananjaya is as die Speler van die Wedstryd aangewys en Duminy die Speler van die Reeks.