Proteas wil toer op 'n hoë noot eindig

COLOMBO, SRI LANKA - AUGUST 11: JP Duminy of South Africa having a laugh while he speaks to media during the South African national mens cricket team training session at R. Premadasa Stadium on August 11, 2018 in Colombo, Sri Lanka. (Photo by Sameera Peiris/Gallo Images)

COLOMBO, SRI LANKA - AUGUST 11: JP Duminy of South Africa having a laugh while he speaks to media during the South African national mens cricket team training session at R. Premadasa Stadium on August 11, 2018 in Colombo, Sri Lanka. (Photo by Sameera Peiris/Gallo Images)

Die Standard Bank Proteas is vasbeslote om die Eendagreeks teen Sri Lanka op 'n hoë noot te eindig in die aanloop tot die 5de wedstryd by die R. Premadasa Stadion.

Sri Lanka het Woensdag teruggeveg om die 4de wedstryd met 3 lopies volgens die D/L metode te wen en sal hoop om hulle naam in ere te herstel.

JP Duminy, wat die groep sal aanvoer in die eenmalige T20-wedstryd Dinsdag, sê dis belangrik om die reeks op 'n hoë noot af te sluit na 'n baie teleurstellende reeksnederlaag tydens die Toetsreeks.

“Hoewel ons die reeks klaar gewen het, verteenwoordig ons steeds ons land en ons wil die wedstryd wen," het hy in Kolombo gesê.

"Ons gaan beslis ons beste doen, veral in die veld. Ons het goeie momentum en sal graag die eenmalige T20-wedstryd ook wil wen. Ek weet almal is gemotiveerd om die toer goed af te sluit, hoewel ons net 'n paar dae oor het."

“Ons het verwag dat Sri Lanka tydens die laaste twee wedstryde gaan terugveg," het hy gesê.

"Ons het die eerste drie wedstryde domineer want ons het goeie krieket gespeel. Ek dink nie ons het swak gespeel in die 4de wedstryd nie want ons was in posisies om die wedstryd te wen en Sri Lanka het goed geboul. Ons het geleer dat ons baie slimmer moet speel en ook geleenthede moet skep."

Duminy is die voorste kolwer in die reeks met 215 lopies teen 'n gemiddeld van 72 en het 'n groot impak in al 4 wedstryde gehad. Sy aanvallende spel het die Proteas se middelorde 'n hupstoot gegee.

“As 'n span moes ons ons styl ietwat verander," het hy verduidelik.

"Ons het besluit om 'n meer aanvallende benadering aan te neem. Ons moet net aanhou om dit goed te doen. Ons kry soms dit verkeerd soos in die vorige wedstryd, maar ons het die geleentheid gehad om daaruit te leer."

Die wedstryd begin om 14:30 plaaslike tyd.