Debutant Hendricks help Proteas om reeks te beklink

Reeza Hendricks of South Africa watches the ball after playing a shot during the 3rd ODI between Sri Lanka and South Africa at Pallekele International Cricket Stadium on August 05, 2018 in Pallekele, Sri Lanka. (Photo by Sameera Peiris/Gallo Images)

Reeza Hendricks of South Africa watches the ball after playing a shot during the 3rd ODI between Sri Lanka and South Africa at Pallekele International Cricket Stadium on August 05, 2018 in Pallekele, Sri Lanka. (Photo by Sameera Peiris/Gallo Images)

REEZA HENDRICKS het sy geleentheid aangegryp en 'n honderdtal op sy Eendagdebuut gemoker om die Standard Bank Proteas te help om 'n oorwinning met 78-lopies oor Sri Lanka te verseël in die derde Eendagwedstryd in Pallekele.

Hendricks het op nommer 3 kom kolf nadat hy Aiden Markram in die begin elftal vervang het en slegs die derde Suid Afrikaner geword om 'n honderdtal op sy eendagdebuut een te teken. Colin Ingram het dit teen Zimbabwe reggekry met Temba Bavuma wat sy honderdtal teen Ierland gemoker het. Hendricks het ook die eerste geword om dit oorsee aan te teken.

Met sy beurt van 102 (89 balle 8 viere en 'n ses) het hy die 14de speler geword om 'n Eendaghonderdtal op sy debuut te moker, Sy lopietempo was selfs vinniger as dié van die Wes Indiese legende, Desmond Haynes.

Hendricks is ook as die Speler van die Wedstryd aangewys vir sy bydrae nadat Suid Afrika 363/7 in sy toegelate 50 boulbeurte aangeteken het. Dit was die hoogste
telling vir die Proteas in Sri Lanka en die hoogste telling wat in Pallekele aangeteken is.

Hashim Amla het ook 'n kritieke bydrae gelewer met sy 59 (59 balle, 9 viere en 'n ses) voordat JP Duminy (92 vanaf 70 balle, 8 viere en 'n ses) en David Miller (51 vanaf 47 balle, 5 viere en 'n ses) teen die einde van die kolfbeurt die krane oopgedraai het.

Duminy is behoorlik op dreef op hierdie toer met die kolf en het ook vier baie handige boulbeurte van draaiboulwerk afgestuur.

Andile Phehlukwayo het ook 'n onoorwonne 24 vanaf 11 balle gemoker (3 viere en 'n ses) en die Proteas gehelp om 114 lopies tydens die laaste 10 boulbeurte aan te teken.

Daarna het die Proteas se boulers weer die tuisspan se kolwers domineer en gereeld paaltjies ingeoes. Sodoende het hulle ook Sri Lanka verhoed om groot venootskappe te smee om die telling te bereik.

Sri Lanka het bygebly met die gevraagde lopietempo tydens die eerste 40 boulbeurte, maar teen daardie stadium het hulle reeds 7 paaltjies verloor. Hulle beste venootskap was 95 om die 7de paaltjie tussen Dhananjaya de Silva, wat 84 (66 balle 8 viere en 3 sesse) gemoker het en Akila Dananjaya. Maar toe Phehlukwayo van albei ontslae geraak het, was die koeël deur die Kerk.

Phehlukwayo het drie paaltjies ingepalm terwyl Lungi Ngidi vir die tweede keer vier paaltjies (4/57 in 8.2 boulbeurte) platgetrek het in slegs sy 7de Eendagwedstryd.

Die vierde Eendagwedstryd word Woensdag weer in Pallekele gespeel en kaptein Faf du Plessis het aangedui dat dit 'n geleentheid sal wees om ander lede in die groep speelkans te gee.

Du Plessis moes die veld verlaat nadat hy sy skouer beseer het toe hy probeer het om 'n vangskoot te neem. Dit het aan Quinton de Kock die geleentheid gebied om die span te lei.