CSA wens Proteas geluk met reeksoorwining

Lungi Ngidi (R) of South Africa celebrates the wicket of Kusal Mendis (2nd L) of Sri Lanka during the 3rd ODI between Sri Lanka and South Africa at Pallekele International Cricket Stadium on August 05, 2018 in Balagolla, Sri Lanka. (Photo by Sameera Peiris/Gallo Images)

Lungi Ngidi (R) of South Africa celebrates the wicket of Kusal Mendis (2nd L) of Sri Lanka during the 3rd ODI between Sri Lanka and South Africa at Pallekele International Cricket Stadium on August 05, 2018 in Balagolla, Sri Lanka. (Photo by Sameera Peiris/Gallo Images)

KRIEKET SUID AFRIKA (CSA) het die Standard Bank Proteas geluk gewens nadat hulle die reeks van 5 Eendagwedstryde teen Sri Lanka beklink het. Die Proteas het hulle derde agtereenvolgende oorwinning in die reeks behaal deur met 78 lopies in Pallekele te seëvier.

“Veels geluk aan kaptein Faf du Plessis, hoofafrigter Ottis Gibson en al die spelers en spanbestuur," het die Bestuurshoof van Krieket Suid Afrika, Thabang Moroe, gesê. "Hierdie vertoning wys dat ons op die regte pad is voor aanstaande jaar se Krieketwêreldbeker en dat ons beplanning en voorbereiding op koers is. Ons het hierdie wedstryde oortuigend gewen danksy goeie vertonings met die kolf en die bal."

“Ons het 'n uitstekende groep, wat 'n mengsel is van jonk en ervare, met 'n jong boulaanval wat baie min ervaring het om op die subkontinent te speel. Nogtans het hulle die Sri Lankaanse kolwers domineer en dit was baie indrukwekkend."

“Ook 'n spesiale woord van gelukwensing aan Reeza Hendricks wat die derde Suid Afrikaner na Colin Ingram en Temba Bavuma geword het om 'n honderdtal op sy Eendagdebuut aan te teken. Dis bemoedigend om te sien hoe 'n nuweling sy geleenthede aangryp.

“Dis ook wonderlik om te sien hoe die Proteas teruggeveg het na 'n teleurtstellende Toetsreeks," het Mnr Moroe afgesluit.