Shamsi sê toestande tuis het gehelp in oorwinning oor Sri Lanka

Standard Bank Proteas bowler Tabraiz Shamsi South African Bowler celebrates the wicket of Akila Dhanajaya  (Photo by Isuru Sameera Peiris/Gallo Images)

Standard Bank Proteas bowler Tabraiz Shamsi South African Bowler celebrates the wicket of Akila Dhanajaya (Photo by Isuru Sameera Peiris/Gallo Images)

Standard Bank Proteas linksdraaier, Tabraiz Shamsi, glo sy ervaring van Suid Afrikaanse toestande het hom bevoordeel in sy vertoning van 4/33 en sy span se oorwinning met 5 paaltjies oor Sri Lanka in die eerste Eendagwedstryd in Dambulla. Hy was verras met die kolfblad by die Rangiri Dambulla Internasionale Stadion, wat hy as soortgelyk as kolfblaaie op die Hoëveld tuis beskryf het.

“ Om eerlik te wees, dit het meer soos 'n Suid Afrikaanse tipe kolfblad gevoel," het hy na die wedstryd gesê. "Daar was nie baie draai nie, veral omdat ons eerste geboul het. Ons boul baie op soortgelyke blaaie tuis, so dit was maklik om aan te pas."

Shamsi, saam met die linksdraaier Keshav Maharaj, is verkies as die twee eerste keuse draaiboulers bo Imran Tahir, wie 'n blaaskans gegun is sodat die keurders na ander opsies kon kyk. Hoewel hy homself bewys het dat hy paaltjies kan neem, glo die 26-jarige dat hy kan aanpas by enige situasie wat die span verlang.

“ Elke keer wanneer ek speel, probeer ek net my bes doen vir die span," het hy verduidelik. "Die kaptein en die afrigter het my vertrou so ek probeer net met vryheid speel en ek kon myself uitdruk. Krieket is 'n snaakse spel. Mens het soms af dae, veral waneer dinge verkeerd gaan. Vandag kon ek myself uitdruk en paaltjies neem, maar ander dae moet ek help om die kolwers te beperk."

Hy was ook vol lof vir die snelpaar van Kagiso Rabada (4/41) en Lungi Ngidi (1/29), wat die kolwers hoofbrekens besorg het met Sri Lanka wat op 35/5 teen die planke was. Rabada (49) en Ngidi (5) het saam nog net 54 Eendagwedstryde tussen hulle gespeel, maar met agressie en spoed geboul en 'n onervare boulaanval uitstekend gelei.

“ Hoewel ek 'n paar belangrike kolwers se paaltjies gekry het, het die snelboulers ons taak baie makliker gemaak," het Shamsi gesê. "Mens se taak is altyd makliker as 'n span net 30 lopies op die telbord het, maar reeds 5 paaltjies verloor het. Krediet ook aan Sri Lanka wat amper 200 lopies aangeteken het. Ek is baie gelukkig met my rol as ek boul en om paaltjies te neem."

Die tweede wedstryd vind Woensdag plaas.