Eendagreeks 'n geleentheid om te leer– Du Plessis

Standard Bank Proteas captain, Faf du Plessis

Standard Bank Proteas captain, Faf du Plessis

Standard Bank Proteas kaptein, Faf du Plessis, sê die Eendagreeks van 5 wedstryde teen Sri Lanka, wat Sondag in Dambulla begin, sal 'n geleentheid wees vir die jong groep "om te leer" met die aanloop tot die 2019 Krieketwêreldbeker, wat aanstaande jaar gehou sal word. Daar is twee debutante in die groep in Reeza Hendricks en Junior Dala, maar ook verskeie jong spelers wat hulle klem wil afsteek vir die Wêreldbeker.

JP Duminy is die enigste speler in die groep wat al voorheen by die Rangiri Dambulla Internasionale Stadion gespeel het. Die Proteas het albei wedstryde hier in 2004 verloor. Hashim Amla, Faf du Plessis, David Miller en Quinton de Kock het al voorheen op die eiland gespeel.

Die Proteas het nog nie hulle Wêreldbekergroep gefinaliseer nie, so hulle probeer 'n balans handhaaf om wedstryde te wen, maar ook geleentheid vir spelers bied teen die 8ste beste span in die wêreld.

“ Ons gaan probeer om vir elkeen 'n geleentheid te gee indien moontlik," het Du Plessis gesê. "Weereens gaan dit oor kombinasies en om die beste balans te kry. Dit was goed om te sien hoe ouens hulle klem afgesteek het tydens die opwarmingswedstryde."

“ Wat my opgewonde maak is die geleentheid om te leer," het hy bygevoeg. "Persoonlik dink ek nie die oogpunt is om die volgende reekse net te wen nie. Dit gaan daaroor om vir ouens geleenthede te gee, sien hoe hulle kan leer en wat se ervaring hulle opdoen. Dit sal ons net sterker maak aanstaande jaar."

Hoewel sake taamlik gelyk behoort te wees in die reeks, sal die gasheer steeds staatmaak op sy draaiboulers, nadat hulle die Toetsreeks domineer het. Du Plessis sê hy is opgewonde oor hoe sy span in Sri Lanka gaan vaar en om teen draaiboulers te speel.

“ Sri Lanka het uitstekende draaiboulers wat nie bes gee nie," het hy gesê. "Ek dink nogtans dis opwindend, veral omdat ons 'n jong span is. Daar is ouens wat vir die eerste keer in hierdie toestande gaan speel en dis opwindend. Hulle moet die toestande eerstehands ervaar en leer om teen draaiboulers te speel. Hulle sal ook foute maak, maar dis deel van die proses."

“ Met 'n toer soos hierdie wil ons seker maak ons is 'n beter span oor 'n jaar en dis ook ons plan oor die volgende drie of vier maande. Ons wil die areas identifiseer waar ons kan verbeter en draaiboulwerk is beslis een van daardie areas. Dis ons uitdaging oor die volgende paar maande."

Spel begin om 10h00 plaaslike tyd.