Ons wil nie net in Suid Afrika wen nie – Du Plessis

Standard Bank Proteas Test captain, Faf du Plessis

Standard Bank Proteas Test captain, Faf du Plessis

Standard Bank Proteas Toetskaptein, Faf du Plessis, glo dis van kardinale belang dat die Standard Bank Proteas hulle trotse rêkord weg van die huis af behou in die aanloop tot die Toetreeks teen Sri Lanka, wat Donderdag in Galle begin. Dit is Du Plessis se eerste rol as kaptein op die subkontinent en hy is oorgehaal om die Proteas se rekord daar te verbeter.

Die Proteas het sewe uit agt reekse sedert 2016 onder Du Plessis gewen en is reg vir die uitdaging by die Galle Internasionale Stadion.

“Dis baie opwindend," het Du Plessis vanuit Galle gesê. "Ek geniet die uitdaging. Die subkontinent is 'n moeilike plek om krieket te speel so jy moet jou spelers motiveer en laat verstaan dat daar 'n geleentheid is om iets besonders te doen. As 'n span het ons groot vordering oor die laaste twee jaar gemaak. Dis 'n groot faktor vir die span en ons wil nie net daarvoor bekend staan dat ons net in Suid Afrika kan wen nie."

Dis 25 jaar sedert die eerste reeks tussen Sri Lanka en Suid Afrika en dis 'n tweestryd wat in 1993 begin het met Kepler Wessels se groep wat die eerste toer meegemaak het. Sedertien het die twee nasies 25 Toetse gespeel, met Suid Afrika wat 14 keer aan die wenkant was en Sri Lanka 5 keer.

“Dis altyd 'n goeie reeks as jy teen Sri Lanka speel," het hy gesê. "Baie spanne sê hulle wil hulleself toets deur weg van die huis te speel in moeilike toestande, en Suid Afrika het 'n trotse rêkord. Ons het onlangs slegs twee Toetsreekse verloor, teen Indië en Engeland. Die laaste keer wat ons hier getoer het, (2014) het ons goed gespeel en die reeks gewen, wat slegs die tweede keer was sedert eenwording.

“Ons verwag 'n baie moeilike reeks. Sri Lanka tuis is 'n ander span. Ons het baie goed teen hulle in Suid Afrika gespeel, maar dit was ons eie toestande wat die snelboulers bevoordeel het. Ons verwag 'n verskillende stel kolfblaaie wat meestal droog sal wees, so ons sien uit na hope pret."

Die finale elftal moet nog finaliseer word, maar Du Plessis het aangedui dat hulle sal bly by die betroubare formule, wat drie snelboulers insluit. Die groep is frustreer deur reën tydens oefensessies in Galle, maar is vol vertroue dat hulle genoeg voorberei het in Kolombo.

Ons besluit nog watter drie naatboulers sal die beste vaar in hierdie toestande," het Du Plessis gesê. "Ons het nie baie geoefen oor die laaste twee dae nie, veral nie die boulers nie, maar ons het 'n goeie idee. Ons sal Donderdag sien."

“Ons sal na die kolfblad kyk en dit lyk baie droog. Ons moet ook besluit of ons 7 kolwers en twee draaiboulers gaan inspan. Ons glo nogtans dat ons drie naatboulers op 'n droeë kolfblad paaltjies kan neem. Die bal sal ook swaai so dit is altyd 'n faktor."

“Ons boulers het al baie Toetse vir ons gewen," het hy verduidelik. "Ons is baie gelukkig dat ons 'n goeie snelaanval het en met Keshav Maharaj wat in die span gekom het, is ons 'n selfs beter eenheid. Ek glo ons het die vermoë om 20 paaltjies in enige toestande te neem."

Spel begin om 10h00 plaaslike tyd.