Markram opgewonde oor uitdaging op die subkontinent

Standard Bank Proteas batsman Aiden Markram

Standard Bank Proteas batsman Aiden Markram

Standard Bank Proteas kolwer, Aiden Markram, sê hy is opgewonde oor sy eerste voorsmaak van internasionale krieket op die subkontinent tydens die opkomende Toetsreeks teen Sri Lanka, wat op die 12de Julie in Galle begin. Die aanvangskolwer het 'n uitstekende begin tot sy internasionale loopbaan gemaak sedert hy in Oktober verlede jaar sy debuut gemaak het. Hy het reeds 1000 lopies teen 'n gemiddeld van 55.55 in slegs 10 Toetse aangeteken.

Hoewel hy drie jaar gelede 'n toer met die Suid Afrikaanse Ontwikkelingspan mee gemaak het, sal dit die 23-jarige se eerste ondervinding wees in toestande wat die draaiboulers bevoordeel. Markram sê dis 'n geleentheid om homself te bewys in toestande buite Suid Afrika.

“ Dis baie belangrik vir my," het hy oor sy goeie vorm gesê. " As aanvangskolwer is dit belangrik dat die span goed afskop en dit is deurslaggewend. As dit die span in 'n goeie posisie plaas, dan is ek gelukkig. Ek is opgewonde want ek wil goed vaar op hierdie toer maar will nie enige verdere druk op myself plaas nie. Ek wil nie net die ou wees wat lopies in Suid Afrika aanteken nie."

Die meerderheid in die groep het tydens die winter geoefen met die bestuur wat seker gemaak het dat die kolwers baie krieket tydens die periode gespeel het. Talle kampe is in Pretoria voor die span se vertrek gehou sodat die spelers gereed is vir krieket met hul aankoms.

Die Proteas is reeds drie dae in die land en het die tydperk gebruik om aan te pas by die warm en bedompige toestande. Die span sal in 'n tweede daagse opwarmingswedstryd teen 'n Sri Lankaanse Elftal speel, met voorbereiding wat opgeskerp sal word voor die openingswedstryd aanstaande week.

“Dinge gaan baie anders wees," het Markram bygevoeg. "Die toestande op die subkontinent is anders as in Suid Afrika en ek sien uit daarna. Dit is winter in Suid Afrika en ons probeer die toestande naboots, veral die balle wat laag hou. Daar is natuurlik baie wip by die huis. Ons probeer ons bes om dinge na te boots en ons sal sien hoe dinge uitwerk

“ Gewoonlik is die kolfblaaie stadiger in die Somer en dit het ons baie gehelp," het hy verduidelik. "Ons het tuis op kolfblaaie gekolf wat verweer het en wat die draaiers bevoordeel. Ons weet nie hoe dit sal wees tydens die Toets nie, maar ons sal dinge fyn dophou."

“Ons pas goed aan,” het hy bygevoeg. “ Dis baie warm, maar ons het tot dusver goed geoefen. Ons kon baie maklik moeg geword het, maar die ouens het goeie intensiteit getoon. Dis baie belangrik in hierdie toestande."

Die opwarmingswedstryd word Saterdag en Sondag by die P. Sara Ovaal in Kolombo gespeel. Die wedstryd begin om 10h00 plaaslike tyd.