CSA kondig wedstryde vir 2018/19 internasionale seisoen aan

Standard Bank Protea, Vernon Philander celebrates with teammates

Standard Bank Protea, Vernon Philander celebrates with teammates

KRIEKET SUID AFRIKA (CSA) het die skedule vir die 2018-19 seisoen aangekondig, wat toere van Zimbabwe, Pakistan en Sri Lanka insluit.

Die seisoen skop af met 'n reeks van drie Eendagwedstryde en drie T20-wedstryde teen Zimbabwe, wat einde September afskop en die middel van Oktober sal eindig

Pakistan sal oor die Feesseisoen Suid Afrika besoek met SuperSport Park wat gasheer sal speel vir die eerste Sunfoil Toets, op Welwillendheidsdag (Desember 26). Die tradisionele Nuwejaars Toets sal op PPC Nuweland gespeel word en die laaste Toets sal middel Januarie op Bidvest Wanderers plaasvind.

Dit sal opgevolg word deur 5 Momentum Eendagwedstryde en drie KFC T20-kragmetings.

Sri Lanka sal hulle toer in die middel van Februarie afskop met Sunfoil Toetse op Kingsmead en St. George's Park gevolg deur 5 Momentum Eendagwedstryde en drie KFC T20-wedstryde.

“Ons is baie opgewonde om die volledige skedule van die plaaslike internasionale seisoen bekend te stel," het die Waarnemende Bestuurshoof van Krieket Suid Afrika, Thabang Moroe, gesê. " Dit gaan 'n baie besige periode wees vr die Standard Bank Proteas en ons gaan die 13 Eendagwedstryde gebruik om die span gereed te kry vir die 2019 Krieketwêreldbeker wat aanstaande Mei in Engeland en Wallis gespeel word."

“Die span het die afgelope seisoen uitstekende krieket gespeel en ons sien uit na nog briljante vertonings van ons stêrre tydens die 5 Toetswedstryde teen Pakistan en Sri Lanka.

“Die wedstryde teen Zimbabwe sal ook in ons kleiner stadions gespeel word en bied alle ondersteuners regoor die land die geleentheid om die Proteas in aksie te sien."

“Ondersteuners het ook nou die geleentheid om hulle vakansieplanne vroeg te beplan sodat hulle die Proteas kan sien speel." het Mnr Moroe afgesluit.

ZIMBABWE TOUR ITINERARY 2018

September 30 : 10h00, 1st Momentum ODI, Diamond Oval, Kimberley (Day)

October 3 : 13h00, 2nd Momentum ODI, Mangaung Oval, Bloemfontein (D/N)

October 6 : 13h00, 3rd Momentum ODI, Eurolux Boland Park, Paarl (D/N)

October 9 : 18h00, 1st KFC T20 International, Buffalo Park, East London (D/N)

October 12 : 18h00, 2nd KFC T20 International, Senwes Park, Potchefstroom (D/N)

October 14 : 14h30, 3rd KFC T20 International, Willowmoore Park, Benoni (Day)



PAKISTAN TOUR ITINERARY 2018/19



December 19-21: 10h00, Three-day tour match v SA Invitation XI, Willowmoore Park, Benoni

December 26-30: 10h00, 1st Sunfoil Test match, SuperSport Park, Centurion

January 3-7 : 10h30, 2nd Sunfoil Test match, PPC Newlands, Cape Town

January 11-15 : 10h00, 3rd Sunfoil Test match, Bidvest Wanderers Stadium, Johannesburg

January 19 : 13h00, 1st Momentum ODI, St. George’s Park, Port Elizabeth (D/N)

January 22 : 13h00, 2nd Momentum ODI, Kingsmead, Durban (D/N)

January 25 : 13h00, 3rd Momentum ODI, SuperSport Park, Centurion (D/N)

January 27 : 10h00, 4th Momentum ODI, Bidvest Wanderers Stadium, Johannesburg (Day)

January 30 : 13h00, 5th Momentum ODI, PPC Newlands, Cape Town (D/N)

February 1 : 18h00, 1st KFC T20 International, PPC Newlands, Cape Town (D/N)

February 3 : 14h30, 2nd KFC T20 International, Bidvest Wanderers Stadium, Johannesburg (Day)

February 6 : 18h00, 3rd KFC T20 International, SuperSport Park, Centurion (D/N)



SRI LANKA TOUR ITINERARY 2019



February 13-17 : 10h00, 1st Sunfoil Test match, Kingsmead, Durban

February 21-25 : 10h00, 2nd Sunfoil Test match, St. George’s Park, Port Elizabeth

February 28 : 10h00, One-Day tour match v SA Invitation XI, Willowmoore Park, Benoni (Day)

March 3 : 10h00, 1st Momentum ODI, Bidvest Wanderers Stadium, Johannesburg (Day)

March 6 : 13h00, 2nd Momentum ODI, SuperSport Park, Centurion (D/N)

March 10 : 10h00, 3rd Momentum ODI, Kingsmead, Durban (Day)

March 13 : 13h00, 4th Momentum ODI, St. George’s Park, Port Elizabeth (D/N)

March 16 : 13h00, 5th Momentum ODI, PPC Newlands, Cape Town (D/N)

March 19 : 18h00, 1st KFC T20 International, PPC Newlands, Cape Town (D/N)

March 22 : 18h00, 2nd KFC T20 International, SuperSport Park, Centurion (D/N)

March 24 : 14h30, 3rd KFC T20 International, Bidvest Wanderers Stadium (Day)