Gibson reflekteer oor eerste seisoen as hoofafrigter

Ottis Gibson coach of South Africa

Ottis Gibson coach of South Africa

Ottis Gibson het sy eerste seisoen as hoofafrigter van die Standard Bank Proteas as "bevredigend" en "lonend" beskryf. Gibson is baie trots oor die groep se vertonings oor alle formate tydens die Somer. Dit het reeksoorwinnings oor Bangaldesj, asook Australië en Indië ingesluit.

Gibson se termyn het begin deur skoonskip te maak teen Bangladesj in September, maar die grootste toets sou altyd Indië en Australië wees.

“Ek is baie tevrede," het hy na die span se historiese oorwinning op Bidvest Wanderers gesê. " Om hierdie twee reekse te wen (Indië en Australië), veral hierdie een met al sy omstredenheid is beslis bevredigend."

“Ek het my eerste 6 maande baie geniet,” het hy bygevoeg. “Dit was nogal 'n ervaring want ons het 8 uit 10 Toetse gewen, asook twee groot reekse. Net soos spelers doelwitte het, het afrigters hul eie doelwitte vir die span. Die doel vir die Toetsspan is om weer die nommer een span in die wêreld te word. Ons weet waar ons is nou, maar die wyse waarop die spelers my verwelkom het, was fantasties."

Gibson het Aiden Markram ( 480 lopies) geprys asook Kagiso Rabada (23 paaltjies), na hulle vertonings en dui op 'n blink toekoms vir die span. Maar senior spelers het ook op kritieke tye hulle klem afgesteek en die druk help verwerk.

“Dit was 'n moelike Somer," het hy toegegee. “Ons het teen twee van die beste spanne gespeel. Ons het die reeks teen Indië anders benader, met vier snelboulers en 6 kolwers. Die kolfblaaie was nogal moeilik en die kolwers was onder druk om lopies aan te teken, maar ons het nie nodig gehad om 500 lopies aan te teken nie, so dinge het goed uitgewerk."

“Die Eendagreeks het nie so goed afgeloop nie, maar ek het nie juis omgegee nie. Ek weet die ondersteuners het gekom om te sien hoe die span wen, maar ons het baie nuwe spelers ook gesien omdat ander spelers beserings gehad het. Ons het baie beserings gehad, so dit was moelik om dieselfde span elke keer te kies. Ek wou in elk geval die net wyer span in terme van spelers en ons het daarin geslaag, selfs al het ons nie goeie uitslae gehad nie.

“Een van ons doelwitte was ook om die eerste span sedert hertoelating te word om Australië in Suid Afrika te klop," het hy gesê. Dit was ons fokus in elke wedstryd. One het nie ons beste krieket in Durban gespeel nie, maar ons het geweet daar is drie wedstryde oor. Ons het in elke wedstryd beter geword en van die jong spelers soos Aiden Markram het uitstekende vertonings met die kolf gelewer en KG Rabada met die bal."

Die reeksnederlaag teen Indië was die enigste teleurstelling van die seisoen, maar Gibson glo dit was 'n bedekte seën met die oog op die Krieketwêreldbeker. Beserings aan sleutelspelers het die keurders die kans gebied om meer talent te toets in die groep.

“Ek is baie gelukkig met die groep spelers wat ek het," het hy bygevoeg. "Die boodskap aan al die spelers is dat as jy goed vaar vir jou franchise, het jy 'n kans om vir jou land te speel. In Eendagkrieket het ons Robbie Frylinck, Lungi Ngidi en Junior Dala geleenthede gegee. Hierdie spelers het almal goed gevaar op franchise vlak. Ek wil graag benadruk dat spelers wat ambisie het om vir hul land te speel, beslis na gekyk sal word."

Die reeksoorwinning met 3-1 het die gaping tussen die Proteas en Indië op die Internasionale Krieketraad se Toetsranglys vernou. Die Proteas is slegs 4 punte agter Indië met die aanloop tot die reeks teen Sri Lanka in Julie.