Du Plessis, Morkel blink uit, ondanks pyn

Morne Morkel in action for South Africa during the fourth Sunfoil Test match at the Bidvest Wanderers Stadium in Johannesburg.

Morne Morkel in action for South Africa during the fourth Sunfoil Test match at the Bidvest Wanderers Stadium in Johannesburg.

FAF DU PLESSIS en Morne Morkel het inspirerende vertonings gelewer deur, ondanks reuse pyn, die Standard Bank Proteas op die drumpel van 'n reeksoorwinning te plaas op die 4de dag van die laaste Sunfoil Toets op Bidvest Wanderers.

Die Proteas benodig 7 paaltjies vir 'n oorwinning terwyl Australië 'n onwaarskynlike 524 lopies benodig vir 'n oorwinning in die oorblywende 90 boulbeurte. Die Aussies benodig 'n allemintige 612 lopies vir 'n oorwinning. Die enigste vraag is op die Proteas die reeks met 3-1 of met 2-1 gaan beklink.

Du Plessis is verskeie kere teen die regterhand getref met een aflewering wat hom in baie pyn gelaat het. Hy het nogtans sy 8ste Toetshonderdtal teen Australië aangeteken, en sy derde teen Australië. Op die ou end het hy 120 (178 balle, 18 viere en 2 sesse) aangeteken en saam met Dean Elgar 170 lopies bygedra. Dit was by verre die grootste venootskap van die reeks met Elgar wat 81 (250 balle, 10 viere en 'n ses) aangeteken het. In die proses het Elgar ook sy 300ste lopie van die reeks gemoker.

Du Plessis se honderdtal was gevul met tipiese dryf-en trekhoue asook onortodokse skephoue, met een wat vir ses oor die grens geseil het.

Sy venootskap met Elgar het die wedstryd buite Australië se bereik geplaas en Temba Bavuma en Vernon Philander het verder sout in Australiese wonde gevryf met 'n onoorwonne venootskap van 71 om die 7de paaltjie. Bavuma het in hierdie Toets 130 lopies in sy twee beurte aangeteken, sonder om uitgehaal te word.

Pat Cummins het nog 'n uitstekende dag met die bal gehad deur 4 paaltjies in die tweede beurt in te oes en geëindig met wedstrydsyfers van 9/149.

Daar was groot vraagtekens of Morkel enigsins sou kon boul in die tweede beurt nadat hy 'n besering opgedoen het. Hy het nogtans 8 boulbeurte afgestuur waarin hy van beide aanvangskolwers ontslae geraak het vir die verlies van slegs 18 lopies.

Keshav Maharaj het ook die paaltjie van Usman Khawaja ingeoes om Australie op 88/3 te laat. Die enigste realistiese opsie vir Australië is om te probeer om 'n onbesliste uitslag af te dwing.