Proteas kry voorsprong van 400 lopies

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - APRIL 01: Faf du Plessis of the Proteas during day 3 of the 4th Sunfoil Test match between South Africa and Australia at Bidvest Wanderers Stadium on April 01, 2018 in Johannesburg, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - APRIL 01: Faf du Plessis of the Proteas during day 3 of the 4th Sunfoil Test match between South Africa and Australia at Bidvest Wanderers Stadium on April 01, 2018 in Johannesburg, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

Die Standard Bank Proteas moes Australiese weerstand oorkom, maar het nogtans 'n voorsprong van 400 lopies bewerkstellig op die derde dag van die laaste Sunfoil Toets op Bidvest Wanderers.

Die oornagpaar van kaptein Tim Paine en Pat Cummins het eerste weerstand gebied en 99 om die 7de paaltjie aangeteken, maar daarna het die oorblywende drie paalties vinnig getuimel. Die Proteas het gevolglik 'n voorsprong van 267 bewerkstellig. Dit was ook Australië se grootste venootskap van die hele reeks.

Kagiso Rabada, Vernon Philander en Keshav Maharaj het elk drie paaltjies ingepalm, maar die grootste bekommernis is die besering wat Morné Morkel opgedoen het. Dit blyk dieselfde te wees soos die besering wat hy teen Bangladesj opgedoen het en het dalk 'n rol gespeel in die besluit van Faf du Plessis om nie vir die opvolgbeurt te vra nie.

Een van die hoogtepunte van die dag was die uitmuntende vangskoot wat Dean Elgar benut het om van Paine ontslae te raak. Paine was ook die laaste man uit op 62 (96 balle, 7 viere en 2 sesse).

Elgar en Aiden Markram het toe vinning weer meer as 50 om die eerste paaltjie aangeteken, voordat laasgenoemde uitgehaal is. Markram het nou 480 lopies in die reeks aangeteken, asook sy 1000ste Toetslopie in slegs sy 10de Toets. Slegs vier spelers het die mylpaal vinniger bereik.

Op 'n moeilike kolfblad waarin die kolwers nooit gemaklik kon wees nie, het die dag se spel slegs 245 lopies opgelewer vir die verlies van 7 paaltjies. Teen teetyd het die tuisspan 'n voorsprong van 325 gehad en teen uitskeityd na 401 aanbeweeg.

Die Proteas sal ook bly wees oor die feit dat kaptein Du Plessis weer soos sy ou self lyk. Hy en Elgar was in 'n onoorwonne Venootskap van 40 tot en met uitskeityd betrokke, met die tuisspan wat steeds 7 paaltjies staande het.

Cummins was weer die beste Australiese bouler en het twee van die drie paaltjies wat geval het ingeoes, en 7 paaltjies in die wedstryd laat kantel.

Met twee dae se spel oor sal Faf du Plessis een oog op die weer hou voordat hy besluit om Australië 'n wenteiken te stel.

Die Sunfoil Opvoedings Trust is beloon met R167 500 vir die aantal grenshoue wat geslaan is en die paaltjies wat albei spanne geneem het. Tot dusver is R 900 500 tydens die reeks ingesamel.