Markram skep fondasie vir Proteas voor Aussies terugslaan

Aiden Markram of the Proteas celebrates his 100 runs with AB de Villiers

Aiden Markram of the Proteas celebrates his 100 runs with AB de Villiers

AIDEN MARKRAM het sy tweede honderdtal van die reeks aangeteken en die fondasie geskep vir die Standard Bank Proteas om hul eerste reeksoorwinning tuis oor Australië sedert hertoelating te verseël op dag een van die 4de Toets teen Australië op Bidvest Wanderers.

Die Proteas se momentum is ietwat gestuit toe Australië die paaltjies van Markram, Faf du Plessis en AB de Villiers vir slegs 52 lopies ingeoes het.

Die gevolg was dat die Proteas teen uitskeityd 313/6 op die telbord gehad het. Dis steeds 'n stewige posisie, veral omdat spesialis kolwers soos Temba Bavuma en Quinton de Kock nog voor die penne is, met die veelsydige Vernon Philander wat steeds moet kolf.

Nadat Du Plessis die loot gewen het, het Markram sy 4de Toetshonderdtal aangeteken. Hy het sy hoogste telling van 152 vanaf 216 balle gemoker, wat 17 viere en 'n 6 ingesluit het. Hy is nou deel van 'n uitgesoekte groep wat meer Toetshondertalle as 50-talle aangeteken het. Markram en De Villiers (69 vanaf 119 balle, 7 viere en 'n ses) is nou die enigste kolwers wat meer as 400 lopies in die reeks gemoker het, terwyl niemand anders tot dusver 300 lopies aangeteken het nie.

Markram spog nou met 'n gemiddeld van 63 vir die reeks, met 'n algehele gemiddeld van meer as 50 vir die reeks. Hy benodig slegs 'n verdere 34 om 1000 Toetslopies aan te teken in slegs sy 10de Toetswedstryd.

Die Proteas het verreweg hulle beste vertoning met die kolf gelewer in die reeks deur meer as 300 lopies in die dag aan te teken. Vier van die ses venootskappe het meer as 50 lopies bygedra, met Markram en De Villiers wat 105 om die derde paaltjie gemoker het.

Die Australiese terugvegpoging is begin deur Pat Cummins, wat deurtentyd hul beste bouler was. Hy het ook die meeste paaltjies vir die besoekers geneem nadat hy Markram en Du Plessis met agtereenvolgende aflewerings kleedkamer toe gestuur het.

Hy is goed bygestaan deur Chadd Sayers, wat die beseerde Mitchell Starc vervang het. Sayers het binne die bestek van drie aflewerings van De Villiers en die naguiltjie Kagiso Rabada ontslae geraak.

Die Proteas sal nou hul hoop fokus op Bavuma en De Kock om die posisie te stabiliseer en hulle nader aan die 400-merk kry, wat gewoonllik 'n stewige telling is op die Wanderers.