Rabada breek Australiese weerstand met Proteas wat sake gelyk maak in reeks

Standard Bank Proteas captain Faf du Plessis  celebrates with Kagiso Rabada

Standard Bank Proteas captain Faf du Plessis celebrates with Kagiso Rabada

KAGISO RABADA was weer op sy skitterende beste deur Mitchell Marsh met sy 6de aflewering van die dag kleedkamer toe te stuur en die Standard Bank Proteas in staat gestel om Australië met 6 paaltjies te klop in die tweede Sunfoil Toets op St George's Park in Port Elizabeth. Sodoende is sake nou gelyk met 1-1 in die reeks van 4 Toetse.

Rabada het 3 van die laaste 5 paaltjies plagetrek, met die Proteas wat slegs 101 moes aanteken vir 'n oorwinning.

Rabada het gespog met syfers 6/104 en hy het vir die vierde keer in sy Toetsloopbaan 10 paaltjies of meer in 'n wedstryd geneem, slegs een minder as Dale Steyn se Suid Afrikaanse rêkord.

Aangesien hy in slegs sy 28ste Toetswedstryd speel, kan die 22-jarige die Suid Afrikaanse rêkordboeke herskryf.

Hy het 30 paaltjies in 5 Toetse in die kalenderjaar laat kantel en hierdie was die tweede geleentheid waar hy 10 paaltjies of meer in 'n wedstryd inoes.

AB de Villiers se onoorwonne honderdtal tydens die eerste beurt was ook 'n sterk kandidaat, maar op die ou end is Rabada as die Sunfoil Speler van die Wedstryd aangewys vir sy wedstrydsyfers van 11/150.

Dit was belangrik vir die Proteas dat hulle groot kanonne hul stempel afdruk in die wedstryd en De Villiers en Rabada het beslis daaraan voldoen.

Die twee spanne beweeg nou na PPC Newlands vir die derde Sunfoil Toets, wat aanstande Donderdag begin. Die laaste Toets word oor die Paasnaweek by Bidvest Wanderers Stadion in Johannesburg gespeel.

Die Sunfoil Opvoedings Trust (SET) is beloon met R225 000 wat verdien is vir die aantal grenshoue wat deur albei spanne geslaan is, asook die paaltjies wat geneem is. Die somtotaal wat tot dusver uit die reeks verdien is, is R479 000.