AB hondertal inspireer Proteas en beweeg in stewig posisie

PORT ELIZABETH, SOUTH AFRICA - MARCH 11: AB de Villiers of South Africa celebrates scoring 100 runs during day 3 of the 2nd Sunfoil Test match between South Africa and Australia at St Georges Park on March 11, 2018 in Port Elizabeth, South Africa. (Photo by Ashley Vlotman/Gallo Images)

PORT ELIZABETH, SOUTH AFRICA - MARCH 11: AB de Villiers of South Africa celebrates scoring 100 runs during day 3 of the 2nd Sunfoil Test match between South Africa and Australia at St Georges Park on March 11, 2018 in Port Elizabeth, South Africa. (Photo by Ashley Vlotman/Gallo Images)

AB de Villiers se rêkord sesde Toetshonderdtal teen Australië en sy 22ste algeheel het die Standard Bank Proteas se stertkolwers inspireer en die tuisspan in 'n sterk posisie geplaas op dag drie van die tweede Sunfoil Toets op St. George's Park.

Die gesamenlike bydraes van De Villiers en die stertkolwers het die Proteas 'n gesonde voorsprong van 139 gegee, hoewel 'n hardnekkige venootskap tussen Usman Khawaja en Mitchell Marsh die agterstand uitgewis het. Hulle het nogtans 'n duur prys betaal en was teen uitskeityd effektiewelik op 41/5, met die tweede nuwe bal wat oor 17 boulbeurte geneem sal word.

Soos wat dikwels in die verlede gebeur het, het De Villiers die indruk gegee dat hy van 'n ander planeet afkomstig is as ander kolwers. Sy onoorwonne 126 is vanaf slegs 146 balle gemoker (20 viere en 'n ses) en was teen 'n verbysterende tempo aangeteken voordat hy uit kolfmaats uit gehardloop het. Dit kon selfs vinniger gewees het as hy nie ook die stertkolwers moes beskerm nie.

Sy ses honderdtalle teen Australië neem hom verby die vorige rekord van twee ander legendes, Graeme Pollock en Eddie Barlow en twee hedendaagse helde- Jacques Kallis en Hashim Amla. Sy 22ste honderdtal plaas hom een voor Gary Kirsten en algeheel vierde op die Suid Afrikaanse lys met slegs Kallis, Amla en Graeme Smith voor hom.

Sy jongste poging is soortgelyk aan sy honderdtal in die 4de beurt in Perth in 2008, wat die Proteas in staat gestel het om 'n teiken van 400 teen Australië verby te steek.

Hy is nog nie deur enige bouler uitgehaal in die reeks nie, nadat hy onoorwonne was in Durban en in die tweede beurt uitgehardloop is.

In die eerste Toets kon die Proteas slegs 12 lopies bymekaar skraap vir die laaste 4 paaltjies en 15 lopies tydens die tweede beurt. Hierdie keer het die laaste 4 paaltjies 199 lopies bygedra. Bowendien het die naguiltjie Kagiso Rabada ook 45 om die tweede paaltjie saam met Dean Elgar aangeteken.

Vernon Philander (36 vanaf 85 balle, 5 viere) en Keshav Maharaj (30 vanaf 24 balle, 3 viere en twee sesse), wat later die belangrike paaltjie van Steve Smith ingepalm het, het goeie ondersteuning aan De Villiers gebied om sy honderdtal te voltooi.

Rabada bly die doring in die Aussies se vlees. Hy het 3 paaltjies bygevoeg tot die 5 wat hy tydens die eerste beurt laat kantel het. Hy het tydens sy boulskof met spoed en akkuraatheid geboul en het eers die paaltjie van David Warner ingepalm. Hy het later van Shaun Marsh en Khawaja ontslae geraak, nadat Khawaja 87 om die 5de paaltjie met Mitchell Marsh bygedra het.

Dit was 'n uitstekende dag van Toetskrieket waarin daar 300 lopies vir die verlies van 8 paaltjies aangeteken is.