AB kolf Proteas tot eerste beurt voorsprong

PORT ELIZABETH, SOUTH AFRICA - MARCH 10: AB de Villiers of South Africa celebrates scoring a half century during day 2 of the 2nd Sunfoil Test match between South Africa and Australia at St Georges Park on March 10, 2018 in Port Elizabeth, South Africa. (Photo by Ashley Vlotman/Gallo Images)

PORT ELIZABETH, SOUTH AFRICA - MARCH 10: AB de Villiers of South Africa celebrates scoring a half century during day 2 of the 2nd Sunfoil Test match between South Africa and Australia at St Georges Park on March 10, 2018 in Port Elizabeth, South Africa. (Photo by Ashley Vlotman/Gallo Images)

AB DE VILLIERS het beheer oorgeneem vanaf die Australiese boulers en die Standard Bank Proteas gehelp om 'n eerste beurt voorsprong te bewerkstellig op die tweede dag van die tweede Sunfoil Toets op St George's Park.

Die Proteas het deurgans gesukkel om die inisiatief te neem, ondanks 'n goeie vertoning van Kagiso Rabada, wat saam met Dean Elgar 45 lopies om die tweede paaltjie aangeteken het. Daarna was daar 'n verdere venootskap van 88 tussen Elgar en Hashim Amla.

Beide kolwers het 50-talle aangeteken (Elgar 57 vanaf 197 balle, 6 viere en Amla 56 vanaf 148 balle, 6 viere), maar hulle kon slegs 43 lopies binne 26 boulbeurte tydens die middelsessie aanteken.

De Villiers het egter die tempo van die wedstryd verander met die Proteas wat 110 lopies tydens die laaste sessie aangeteken het, hoewel hulle 5 paaltjies verloor het. Teen uitskeityd het die tuisspan 'n voorsprong van 20 lopies gehad.

De Villiers het teen uitskeityd 74 (81 balle, 14 viere) aangeteken en het Vernon Philander vir geselskap in hul poging om die voorsprong na meer as 100 te laat groei.

Die Australiese naatboulers was uitstekend tydens die tweede en derde sessies en het die kolwers laat bontstaan voordat Steve Smith die tweede nuwe bal kort voor uitskeityd aangevra het.

De Villiers hou die sleutel tot oorwinning in die wedstryd met die naatboulers wat beslis die toestande geniet. Die draaibouler Nathan Lyon is ook gevaarlik in die huidige toestande. Lyon het ook van Quinton de Kock ontslae geraak met 'n aflewering wat hope draai en wip gehad het. Die Proteas sal beslis nie 'n groot telling in die vierde beurt wil jaag nie.

Pat Cummins (2/55) was die Auss