Rabada lewer stewige vertoning vir Proteas met 5 paaltjies

PORT ELIZABETH, SOUTH AFRICA - MARCH 09: Kagiso Rabada of South Africa celebrate during day 1 of the 2nd Sunfoil Test match between South Africa and Australia at St GeorgeÕs Park on March 09, 2018 in Port Elizabeth, South Africa. (Photo by Ashley Vlotman/Gallo Images)

PORT ELIZABETH, SOUTH AFRICA - MARCH 09: Kagiso Rabada of South Africa celebrate during day 1 of the 2nd Sunfoil Test match between South Africa and Australia at St GeorgeÕs Park on March 09, 2018 in Port Elizabeth, South Africa. (Photo by Ashley Vlotman/Gallo Images)

KAGISO RABADA het met agressie, spoed en vaardigheid geboul om die Standard Bank Proteas in 'n stewige posisie te plaas op die eerste dag van die tweede Sunfol Toets teen Australië op St George's Park.

Die Proteas, wat 'n oorwinning benodig om sake gelyk te maak in die reeks van 4 Toetse, sal verheug wees oor die feit dat hulle Australie vir slegs 243 kon uitboul. Teen uitskeityd het die tuisspan 39/1 op die telbord gehad nadat hulle die paaltjjie van Aiden Markram verloor het.

Vroeer het Australië die loot gewen en besluit om eerste te kolf op 'n lewendige kolfblad. David Warner en Cameron Bancroft het toe 98 om die eerste paaltjie aangeteken met Steve Smith en Shaun Marsh 'n verdere 44 om die 4de.

Maar met Rabada se terugkeer tot die aanval het alles verander. Hy het eers die belangrike paaltjie van Steve Smith ingeoes en daarna verwoesting gesaai onder die Australiese kolwers. Hy het 5/36 binne 8 boulbeurte geneem, maar sy 5 paaltjies binne die bestek van 18 aflewerings geneem, en slegs 13 lopies afgestaan. Op een stadium het hy 4/8 binne 7 balle platgetrek en het so byna 'n driekuns voltooi nadat hy met agtereenvolgende aflewerings van Mitchell Marsh en Pat Cummins ontslae geraak het.

Dit was die agste geleentheid waarin Rabada 5 paaltjies in 'n kolfbeurt ingepalm het en was sy tweede keer teen Australië, in slegs sy 28ste Toets.

Hy is goed bygestaan deur Vernon Philander en Lungi Ngidi, wat gesamentlik 5 paaltjies geneem het. Ngidi het Morné Morkel in die begin elftal vervang.

Dit het die Proteas in staat gestel om 5/72 tydens die tweede sessie en 4/73 tydens die laaste sessie in te palm. Die een teleurstellende aspek was die feit dat die Australiese stertkolwers weer waardevolle lopies aangeteken het, met die laaste drie paaltjies wat 73 lopies na teetyd bygedra het.

Warner (63 vanaf 100 balle, 9 viere) was die enigste Australiese kolwer om meer as 50 lopies aan te teken.

Rabada het gespog met syfers van 5/96 vanaf 21 boulbeurte, Philander met 2/25 in 18 boulbeurte en Ngidu met 3/51.

Rabada het ook as naguiltjie kom kolf en sy span gehelp om die laaste 20 minute voor uitskeityd te oorleef.

Die Sunfoil Opvoedkundige Trust is ook beloon met R69 500 vir grenshoue en paaltjies wat geneem is tydens die eerste dag se spel.