Du Plessis wil krieket die praatwerk laat doen

Standard Bank Proteas Test captain, Faf du Pessis,

Standard Bank Proteas Test captain, Faf du Pessis,

Standard Bank Proteas kaptein, Faf du Plessis, sê dis tyd vir sy span om hul klem af te steek met goeie vertonings in die tweede Sunfoil Toets teen Australië, wat op St George's Park begin. Du Plessis sê die span sal aanhou om "positiewe" krieket te speel omdat die resep hulle soveel sukses in die verlede besorg het.

“ Dis 'n groot wedstryd vir ons," het hy in Port Elizabeth gesê. "Ons moet seker maak dat ons krieket die praatwerk doen. Ons het onder mekaar gepraat oor die lesse wat ons geleer het en wil daarop verbeter. Dis belangrik vir ons en ons wil sake 1-1 maak in die reeks."

“ Ons het nie tyd vir enige grys areas nie," het hy gesê. "Ons wil positiewe krieket speel gepaard met die tipe intensiteit waar jy 'n ou in die oë kyk en hom laat weet jy is hier om te kompeteer. Ons maak nie baie geraas nie want ons krieket moet die praatwerk doen."

“Ek het baie respek teen elke span waarteen ons speel," het hy verduidelik. "Elke span het 'n sekere styl wat hulle glo hulle sal laat wen. Wanneer jy teen Nieu-Seeland speel, is hulle die goeie ouens wat altyd vriendelik is. Hulle kry resultate met daardie wyse van spel. Ons is dieselfde as 'n span. As kaptein sien ek nie die waarde om baie dinge op die veld te sê as dit nie 'n impak gaan maak op ons as 'n span nie."

Du Plessis speel in sy 50ste Toets vir Suid Afrika met Hashim Amla (114), AB de Villiers (111) Vernon Philander (51) en Morne Morkel (84) wat ook meer as 50 Toetse op hul kerfstok het. Die mylpaal is vir die senior spelers belangrik want hulle sal hul ervaring moet gebruik in die sleutel oomblikke.

“In belangrike reekse moet jou groot spelers hul stempel afdruk," het hy gesê. "Daar bestaan geen twyfel dat die senior spelers nie goed gevaar het nie en dit is die rede hoekom Australië gewen het. Dit is so eenvoudig soos dit. Mens kan nie net op die jong spelers staatmaak nie, maar almal sal hulle deel moet doen, veral in die groot wedstryde. Jou senior spelers sal ook die nodige lopies moet aanteken."

Die Proteas het laas in 2007 'n Toets op St George’s Park verloor. Die laaste keer wat die twee spanne hier kragte gemeet het, was in 2014 toe die Proteas met 231 lopies gewen het.

Die wedstryd begin om 10h00 plaaslike tyd. Kaartjies vir die wedstryd kan by www.ticketpros.co.za gekoop word.


Match Broadcast Details

SuperSport 2 Channel 202 09h00 (CAT)


SABC 3 09h30

Radio 2000 10h00

Facebook - www.facebook.com/cricketsouthafrica

Twitter - OfficialCSA

Hashtags: #ProteaFire #SAvAUS