CSA kondig gekontrakteerde Proteas aan vir 2018/19

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - JANUARY 24:  Aiden Markram and Lungi Ngidi of South Africa celebrate after Ngidi got the wicket of Virat Kohli(c) of India(unseen) during day 1 of the 3rd Sunfoil Test match between South Africa and India at Bidvest Wanderers Stadium on January 24, 2018 in Johannesburg, South Africa. (Photo by Christiaan Kotze/Gallo Images)

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - JANUARY 24: Aiden Markram and Lungi Ngidi of South Africa celebrate after Ngidi got the wicket of Virat Kohli(c) of India(unseen) during day 1 of the 3rd Sunfoil Test match between South Africa and India at Bidvest Wanderers Stadium on January 24, 2018 in Johannesburg, South Africa. (Photo by Christiaan Kotze/Gallo Images)

Krieket Suid Afrika (CSA) het vandag die name van die Standard Bank Proteas se groep bekend gemaak wat kontrakte vir die 2018-19 seisoen toegeken is. Die kontrakte dek ook die toere na Sri Lanka en Australië asook die tuisreekse teen Zimbabwe, Pakistan en Sri Lanka. Dit sluit ook die 2019-Krieketwêreldbeker, wat in Engeland en Wallis gespeel sal word.

Aiden Markram en Lungi Ngidi, wat tydens die afgelope jaar hul onderskeie debute gemaak het, is vir die eerste keer nasionale kontrakte aangebied.

"Ons het verlede jaar 'n uitsondering gemaak deur 21 spelers te kontrakteer, maar ons is vanjaar gelukkig met 18 spelers wat ons oor die drie formate sal gebruik," het die Waarnemende Bestuurshoof van Krieket Suid Afrika, Thabang Moroe, gesê. "Dit stel ons in staat om ons Toetsspelers en ons Eendagspelers te kontrakteer."

“Aiden en Lungi het 'n groot impak op internasionale vlak gemaak en hierdie is deel van ons beleid om 'n sterk groep spelers te behou maar ook talentvolle jong stêrre in te sluit."

CSA contracted Proteas players: Hashim Amla (WSB Cape Cobras), Temba Bavuma (WSB Cape Cobras), Quinton de Kock (Multiply Titans), AB de Villiers (Multiply Titans), JP Duminy (WSB Cape Cobras), Faf du Plessis (Multiply Titans), Dean Elgar (Multiply Titans), Imran Tahir (Hollywoodbets Dolphins), Keshav Maharaj (Hollywoodbets Dolphins), Aiden Markram (Multiply Titans), David Miller (VKB Knights), Chris Morris (Multiply Titans), Lungi Ngidi (Multiply Titans), Andile Phehlukwayo (Hollywoodbets Dolphins), Vernon Philander (WSB Cape Cobras), Kagiso Rabada (bizhub Highveld Lions), Tabraiz Shamsi (Multiply Titans), Dale Steyn (Multiply Titans).