Proteas gefokus slegs op krieket - Gibson

Ottis Gibson coach of South Africa

Ottis Gibson coach of South Africa

Standard Bank Proteas hoofafrigter, Ottis Gibson, sê sy span bly gefokus om goeie krieket te speel tydens die tweede Sunfoil Toets teen Australië, wat Vrydag in Port Elizabeth begin. Ondanks talle voorvalle van die veld af, het die Proteas hergroepeer en hul eerste oefensessie op St.George's Park gehou.

Gibson sê die groep is steeds positief, ondanks hul nederlaag met 118 lopies in die eerste Toets in Durban en is gemotiveerd om sake gelyk te maak in die reeks.

“ Die moraal in die span is baie goed," het Gibson aan die media in Port Elizabeth gesê. "Ons is die Proteas. Ons veg vir mekaar. Ons wil nou op onsself fokus en aandag gee aan die krieket."

Die afrigter het vir 'n verbeterde vertoning met die kolf gevra en glo die kolwers sal hulself tydens die tweede beurt gestand doen om die Australiese snelaanval, veral Mitchell Starc, hok te slaan. Hoewel die span 7 kolwers in Durban gebruik het, sal dinge dalk verander in die tweede Toets. Dit sal ook afhang van die toestande.

“ Ons sal beter moet kolf," het Gibson benadruk. "In die tweede beurt terwyl ons beste kolwers hom trotseer het, was hy ( Starc) nie so 'n groot bedreiging nie. Maar dit het moeiliker geword sodra die stertkolwers hom moes trotseer. Ons toporde sal beslis beter moet vaar."

“ As mens na die kolfblad kyk en die Australiese elftal, dink mens jy het 'n ekstra kolwer nodig," het hy gesê. "Ons het hulle twee keer uitgeboul, maar kon nie genoeg lopies tydens die eerste beurt aanteken nie. Mens kan nie bekostig om swak te vaar in jou eerste beurt teen 'n span soos Australië nie en verwag om die wedstryd te wen nie. Ons het teen die einde 'n buitekans gehad om die wedstryd te wen, maar die kolfwerk in die eerste beurt het ons gepootjie."

Gibson verwag 'n tipiese Port Elizabeth kolfblad, wat stadiger behoort te wees. Die laaste keer wat die twee spanne op St George’s Park gespeel het, het Dale Steyn 4/55 tydens die tweede beurt laat kantel en die span tot 'n oorwinning met 231 lopies gehelp. Steyn sal hierdie keer die wedstryd misloop, maar die boulaanval sal genoeg skietgoed hê om 'n impak te maak.

“ Ons sal moet sien wat ons beste span sal wees vir die wedstryd," het Gibson gesê. "Hulle het Starc. Ons het gesien hoe hy na ons stert boul. Hy boul met agressie en boul direk na die paaltjies en dit was 'n uitdaging. Ons het Rabada en selfs Keshav (Maharaj) het goed geboul. Ons moet maniere vind om hul stert goedkoop uit te boul. Dalk lê die antwoord nie net met snelboulwerk nie. Miskien kan ons draaier ook die stert uitboul. Almal sien uit na die krieket en al die ander goed behoort van die veld af. Ons wil net op krieket fokus."



Tickets for the match are available at www.ticketpros.co.za.

Notes

Video and audio featuring Ottis Gibson can be located on the FTP site below.
www.csamedia.co.za

Thursday, 8 March

South Africa will hold a practice session at St George’s Park from 09h30 – 12h30.

Faf du Plessis will hold his pre-match press conference at approximately 12h00 after practice. Media are advised to arrive early in case practice finishes early.

Friday, 9 March – Tuesday, 13 March
2nd Sunfoil Test Match
South Africa v Australia, St George’s Park 10h00