Teleurgestelde Faf trots op span se terugvegpoging

 Ottis Gibson (Coach of the Proteas) and Faf du Plessis of the Proteas

Ottis Gibson (Coach of the Proteas) and Faf du Plessis of the Proteas

Standard Bank Proteas kaptein Faf du Plessis, sê sy hy is trots op die karakter en veggees wat sy spelers getoon het in die nederlaag met 118 lopies teen Australië in die eerste Sunfoil Toets op Sahara Stadion Kingsmead. Die Proteas het met kolf en bal teruggeveg in die tweede beurt en die wedstryd is op dag 5 beslis. Du Plessis het sy span geprys na 'n teleurstellende vertoning in die eerste beurt.

Du Plessis het die nederlaag as "teleurstellend" beskryf, maar glo die groep het waardevolle lesse geneem uit die wedstryd voor die tweede Toets wat Vrydag op St George's Park in Port Elizabeth begin.

“ Dit was baie teleurstellend," het hy na die wedstryd gesê. "Ons sou graag die reeks op 'n positiewe noot wou afskop. Ons het beslis baie uit die Toets geneem met die oog op die toekoms. Ons boulers was baie goed in dié wedstryd. Albei spanne was op 160/5 in al vier kolfbeurte, maar ons moet dalk meer druk op hul stertkolwers sit. As mens na hulle (Australië) kyk, sodra hulle deur ons top sewe was, was dit maklik om die stertkolwers uit te boul."

“ Ons sal meer verantwoordelik met die kolf moet wees," het hy verduidelik. "As jy 'n geleentheid kry om lopies aan te teken, moet jy dit doen. Ek is baie trots op die ouens se karakter. Baie spanne kon dalk net opgegee het omdat hulle geboelie was. Dit was goed om te sien hoe ons boulers geveg het en hulle uitboul vir net oor die 200. Ons het nie goed begin met die kolf nie, maar die jong ouens het karakter getoon en het die reeks nogal goed afgeskop."

Die jong kolwers het, ondanks die nederlaag, beindruk. Veral Aiden Markram het uitgeblink met sy volwassenheid en deursettingsvermoë. Du Plessis glo Markram se vertoning sal hom aanspoor en selfvertroue gee vir die res van die reeks.

“ Dit was 'n briljante kolfbeurt," het hy oor Markram se beurt van 143 gesê. "Dit sê baie van sy karakter. Hy het deur 'n moeilike tyd gegaan tydens die eendagreeks teen Indië en mens oordeel 'n persoon oor hoe hy terugveg na 'n moeilike tydperk. Die misverstand tussen hom en AB (de Villiers) moes in sy agterkop gewees het en Australië het baie druk op hom geplaas. Om daardeur te kom, spreek boekdele van die jong man en dat hy in homself glo. Ons weet dat hy oor baie talent beskik en dis fantasties om te sien hoe hy 'n Toetshondertal aanteken."



Die groep reis nou na Port Elizabeth voor die tweede Sunfoil Toetswedstryd wat Vrydag begin.

Tuesday, 6 March

South Africa travel to Port Elizabeth and have no training or media activities scheduled.

Wednesday, 7 March

South Africa will hold a practice session at St George’s Park from 14h00 – 17h00.

A player will be made available to the media before training at 13h30.

Thursday, 8 March

South Africa will hold a practice session at St George’s Park from 09h30 – 12h30.

Faf du Plessis will hold his pre-match press conference at approximately 12h00 after practice. Media are advised to arrive early in case practice finishes early.


Friday, 9 March – Tuesday, 13 March

2nd Sunfoil Test Match

South Africa v Australia, St George’s Park 10h00