AB staan man alleen met Australië wat beheer oorneem

DURBAN, SOUTH AFRICA - MARCH 02: AB de Villiers of the Proteas during day 2 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and Australia at Sahara Stadium Kingsmead on March 02, 2018 in Durban, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

DURBAN, SOUTH AFRICA - MARCH 02: AB de Villiers of the Proteas during day 2 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and Australia at Sahara Stadium Kingsmead on March 02, 2018 in Durban, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

AUSTRALIË het behoorlik beheer oorgeneem van die eerste Sunfoil Toets op Sahara Stadion Kingsmead met die Standard Bank Proteas wat eers gesukkel het om die opvolgbeurt af te weer en daarna geswoeg het om binne trefafstand van die besoekers te bly.

AB de Villiers het op eie houtjie probeer veg, maar nie een van die ander spesialiskolwers kon lank genoeg voor die penne bly om 'n venootskap te smee nie.

Die draaibouler Nathan Lyon het groot skade aangerig met Mitchell Starc wat laat in die dag swaai met die ou bal bewerkstellig het.

De Villiers kon nie sy 6de Toetshonderdtal teen Australië aanteken nie en was gestrand op 71 (162 balle, 11 viere) toe die Proteas vir slegs 162 binne 51.4 boulbeurte uitgeboul is. Die tuisspan het nou 'n reuse agterstand van 189, met Australië wat sy tweede beurt op dag drie sal hervat.

Aiden Markram se 32 was die tweede hoogste bydrae vir die Proteas.

Starc het vinnig met die res van die kolwers klaar gespeel en gespog met boulsyfers van 5/34 binne 10.4 boulbeurte terwyl Lyon 3/50 laat kantel het.

Starc het 'n goeie vertoning tot dusver gelewer en was ook in 'n venootskap van 49 om die 8ste paaltjie saam met Mitchell Starc betrokke.

Marsh het net 4 lopies benodig om sy derde Toetshonderdtal te voltooi (96 vanaf 173 balle, 13 viere en 'n ses) maar Australië het nogtans 100 lopies om die laaste drie paaltjies by hul telling bygevoeg. Dit het 'n groot verskil gemaak in terme van die telling wat die Proteas moes verbysteek. Op die ou end het die Aussies 351 aangeteken en sake gaan al hoe moeiliker raak omdat die kolfblad reeds verbrokkel en begin ook die draaiboulers verbrokkel.

Keshav Maharaj het 5/123 binne 33.4 boulbeurte platgetrek, so dit was geen verrassing toe Steve Smith na die 8ste boulbeurt besluit het om Lyon in te span nie. Hy het onmiddellik sukses behaal en van Dean Elgar en Hashim Amla binne die bestek van 5 aflewerings ontslae geraak. Die Proteas kon nooit van daardie terugslag herstel nie.

Die Sunfoil Opvoedings Trust (SET) het tot dusver R132 000 oor die twee dae se spel ingesamel. Dit is danksy die aantal grenshoue en sesse asook paaltjjies wat die twee spanne tot dusver geneem het.