Maharaj neem belangrike paaltjies op sy Kingsmead debuut

Keshav Maharaj of the Proteas celebrates the wicket of Shaun Marsh of Australia with Faf du Plessis of the Proteas during day 1 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and Australia at Sahara Stadium Kingsmead on March 01, 2018 in Durban, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

Keshav Maharaj of the Proteas celebrates the wicket of Shaun Marsh of Australia with Faf du Plessis of the Proteas during day 1 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and Australia at Sahara Stadium Kingsmead on March 01, 2018 in Durban, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

KESHAV MAHARAJ het met sy Toetsdebuut op sy tuisveld uitgeblink deur die sleutelpaalties van Steve Smith en Shaun Marsh in te palm op die eerste dag van die eerste Sunfoil Toets tussen die Standard Bank Proteas en Australië op Sahara Stadium Kingsmead.


Toe swak lig spel vroeg tot 'n einde gebring het, was Australië op 225/2 na 76 boulbeurte nadat die besoekers die loot gewen het op 'n goeie, maar stadige kolfblad. Na die dag se spel was sake taamlik gelyk.

Die Proteas sou eerder 'n volle dag se spel verkies het omdat daar slegs 4 boulbeurte oor was voordat die nuwe bal beskikbaar was. Hulle het ook net een paaltjie benodig om tot die Australiese stert deur te dring.

Maharaj het 'n sleutelrol gespeel in die boulaanval nadat die Proteas besluit het om hul kolflys te versterk met die insluiting van Theunis de Bruyn. Hulle het ook besluit om slegs 4 spesialisboulers in te span. Die strategie het ook Faf du Plessis toeglaat om Maharaj vroeg in te span en hy het ook meeste van die Proteas se boulbeurte afgestuur (2/69 in 24 boulbeurte).

Hy en Vernon Philander, wat self 2/36 in 17 boulbeurte platgetrek het, het seker gemaak dat die Aussies se lopietempo deurgans onder beheer gebly het.

Daar was twee venootskappe van 56 lopies - om die derde paaltjie tussen David Warner (51 vanaf 79 balle ,6 viere) en Smith (56 vanaf 114 balle, 11 viere) asook om die 4de paaltjie tussen Smith en Shaun Marsh (40 vanaf 96 balle, 6 viere).

Die Proteas het gereeld paaltjies ingeoes todat Mitchell Marsh en Tim Paine tot uitskeityd voor die penne gebly het en 'n onoorwonne 48 om die 6de paaltjie gemoker het.