Sharma help Indie tot historiese reeksoorwinning

Mahendra Singh Dhoni of India and Lungi Ngidi of South Africa during the 5th Momentum ODI match between South Africa and India at St Georges Park

Mahendra Singh Dhoni of India and Lungi Ngidi of South Africa during the 5th Momentum ODI match between South Africa and India at St Georges Park

ROHIT SHARMA het sy 17de Eendaghonderdtal aangeteken en Indië gehelp om 'n oorwinning met 73 lopies te beklink in die 5de Momentum Eendagwedstryd op St. George's Park. Sodoende het die besoekers 'n historiese 4-1 reeksoorwining verseker met een wedstryd oor, wat Vrydag op SuperSport Park beslis word.

Dit is die eerste keer dat Indië 'n Eendagreeks in Suid Afrika wen en dit was veral 'n soete oomblik vir die Momentum Speler van die Wedstryd, Sharma (115 vanaf 126 balle, 11 viere en 4 sesse), wat vroeër slegs 40 lopies in sy vorige 4 kolfbeurte aangeteken het.

Dit was 'n teleurstellende uitslag vir die Standard Bank Proteas, wat 'n uitstekende kans gehad het om die wedstryd te wen danksy die boulers wat briljant tydens die laaste 10 boulbeurte gevaar het. Hulle het Indië beperk tot slegs 55 lopies, vir die verlies van 4 paaltjies.

Die terugvegpoging het begin toe Tabraiz Shamsi en Andile Phehlukwayo Indië se opmars tussen die 30ste en die 40ste boulbeurt gestuit het. Lungi Ngidi het ook sy deel gedoen deur 4/51 in 9 boulbeurte te laat kantel. Hy het die belangrike paaltjie van Sharma ingepalm en toe van Hardik Pandya ontslae geraak met die daaropvolgende aflewering. MS Dhoni het hom weerhou van 'n driekuns maar hy het laaste gelag toe hy die veteraan in sy laaste boulbeurt uitgeknikker het.

Die teiken van 275 was binne trefafstand maar weereens het die Proteas gesukkel om venootskappe te smee. Nadat Aiden Markram en Hashim Amla meer as 50 om die eerste paaltjie aangeteken het, het die Proteas 3 paaltjies vir slegs 13 lopies verloor.

Daarna was dit 'n opdraende stryd hoewel Amla (71 vanaf 92 balle, 5 viere) en Heinrich Klaasen (39 vanaf 42 balle, 2 viere and 2 sesse) hulle in die prentjie gehou het voordat Amla nodeloos uitgehardloop is.

Daarna het die Indiese draaiboulers maklik die stertkolwers laat bontstaan met Kuldeep Yadav en Yuzvendra Chahal wat gesamentlik 5 paaltjies platgetrek het en net 58 lopies afgestaan het.

Die een positiewe aspek vir die Proetas is dat die vier nuwelinge in die groep hulleself goed van hul taak gekwyt het in internasionale krieket. Vier van die vyf spesialis boulers het saam net 78 keer die Proteas verteenwoordig terwyl Klaasen en Markram ook indrukwekkend was in ander areas.

Daar was beslis meer spelers wat hul stempel afgedruk het met die oog op die Wêreldbeker as wat daar voor die reeks was.