Proteas glo in pienk in reg of weg kragmeting

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - FEBRUARY 09: Chris Morris of the Proteas during the South African national mens cricket team training session and press conference at Bidvest Wanderers Stadium on February 09, 2018 in Johannesburg, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - FEBRUARY 09: Chris Morris of the Proteas during the South African national mens cricket team training session and press conference at Bidvest Wanderers Stadium on February 09, 2018 in Johannesburg, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

Die Standard Bank Proteas hoop Pienk Dag sal hulle inspireer met die aanloop tot die vierde Momentum Eendagwedstryd teen Indië op Bidvest Wanderers. Die Proteas is steeds onoorwonne in pienk - hulle is onoorwonne in sewe wedstryde en dit kan as inspirasie dien met die reeks wat beslis kan word.

Die Pienk Eendagwedstryd is een van die hoogtepunte op die krieketkalender, met die spelers, ondersteuners en belanghebbendes doen almal hul deel om fondse in te samel ten bate van borskanker. Vanjaar is die Borskanker Kliniek by die Charlotte Maxeke Hospitaal in Johannesburg die begunstigde, met geld wat aan die kliniek gaan.

Proteas veelsydige speler, Chris Morris, sê dis 'n spesiale dag vir al die spelers en is ekstra motivering om hulle onoorwonne rekord te behou.

“ Dis 'n spesiale dag vir Suid Afrika," het Morris oor die geleentheid gesê. "Ons speel vir 'n goeie doel en dis altyd spesiaal om in pienk te speel voor 'n gepakte Wanderers. Dis 'n fantastiese tradisie om in pienk te speel. Ons as spelers is gelukkig want ons is gesond. Daar is baie ander mense in ons land wat ly weens kanker, veral borskanker, so die dag is emosioneel en ons is bly ons kan ons deel doen."

“ Daar is natuurlik ook druk op ons want ons wil onoorwonne bly in pienk, so die druk is groot," het hy gesê. "Dis reg of weg want as ons hierdie een verloor, is die reeks daarmee heen." Ons sal veg vir elke lopie, vir elke bal. Daar is druk, maar dis waaroor krieket gaan, want sonder druk is krieket vervelig."

AB de Villiers het herstel van 'n vingerbesering en sal ervaring aan die middelorde bring. Morris sê De Villiers se ervaring sal die middelorde versterk en sal kan help om die Indiese draaboulers hok te slaan.

“ AB is AB, hy bring alles na die veld en hy is net so waardevol van die veld af," het Morris gesê. "Hy bring 'n kalmte en ervaring. Dis spesiaal om 'n speler van wêreldgehalte soos hy in die span te hê vir so 'n spesiale geleentheid. Ek geniet dit om die veld met hom te deel want hy is een van die beste spelers in die wêreld en in Suid Afrika. Hy bring meer as net lopies aan die span, hy bring die AB de Villiers faktor."

India loop met 3-0 voor in die reeks van 6 wedstryde.

Kaartjies vir die wedstryd is uitverkoop. Die wedstryd begn om 13:00 plaaslike tyd.



Notes

Video and audio featuring Chris Morris can be located on the ftp site below.

www.csamedia

Official website, hashtag and handles

www.PinkDay.co.za

#PinkDay #PinkODI #PitchUpInPink

CSA: @OfficialCSA
Bidvest: @Bidvest
Momentum: @Momentum_za

About the Breast Care Clinic at the Charlotte Maxeke Johannesburg Academic Hospital

The Breast Care Clinic at the Charlotte Maxeke Johannesburg Academic Hospital, run by Doctor Sarah Nietz and her team of dedicated specialist nurses, provide access to quality breast care, regardless of geographical location and socioeconomic status. The unit sees up to 350 women with newly diagnosed breast cancer every year and provide a service to seven district hospitals. Patients from other provinces and all over Africa are also accommodated.

Charlotte Maxeke Johannesburg Academic Hospital also trains medical students, interns, medical officers, registrars and junior consultants in breast care making it a centre of excellence in this field. There is also a “Breast course 4 Nurses” programme to empower nurses in breast care

On an annual basis this hospital treats more than 200,000 patients. The breast care clinic, newly diagnoses 350 breast care cases annually from Gauteng, Mpumalanga, Limpopo and even further afield. The sad reality is that due to a lack of education around the disease, patients often arrive at the hospital at a time when a fairly treatable disease, if detected early, has progressed beyond the point of treatment. The aim is to invest in a tangible facility and contribute to the service they give as well as the research and education they do to enable more successful treatment of breast cancer through earlier diagnosis.