De Kock buite aksie vir 2 tot 4 weke weens besering

Standard Bank Proteas paaltjiewagter en kolwer, Quinton de Kock, sal die res van die Momentum Eendagreeks en die opkomende T20 reeks teen Indië misloop weens 'n gewrig besering. De Kock het die besering opgedoen tydens die tweede Eendagwedstryd teen Indië op SuperSport Park en sal vir 2 tot 4 weke buite aksie wees.

Proteas spanbestuurder, Dr Mohammed Moosajee, verduidelik: “ Quinton is teen die linker gewrig getref terwyl hy gekolf het tydens die tweede Eendagwedstryd en was onmiddelik in pyn en het ongerief ervaar. Verdere ondersoeke het getoon dat daar kneusplekke en swelling rondom die area was, en in die gewrig. Hierdie tipe besering sal twee tot vier weke duur om te herstel en hy sal die res van die Eendagreeks en die T20 reeks teen Indië misloop. Die mediese span van Krieket Suid Afrika hoop om hom gereed te hê vir die Toetsreeks teen Australië, wat aanstaande maand begin."

Die keurders gaan nie 'n plaasvervanger vir De Kock in die groep aanwys nie.