Indiese draaiers boul Proteas tot reuse nederlaag

PRETORIA, SOUTH AFRICA - FEBRUARY 04: Yuzvendra Chahal of India celebrates the wicket of JP Duminy of the Proteas with Virat Kohli of India during the 2nd Momentum ODI match between South Africa and India at SuperSport Park on February 04, 2018 in Pretoria, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

Die Standard Bank Proteas het geen antwoord gehad vir die vaardighede en betowering van die Indiese draaiboulers nie en met 9 paaltjies vasgeval in die tweede Momentum Eendagwedstryd op SuperSport Park. Die Proteas het behoorlik in duie gestort en 9 paaltjies vir 67 lopies verloor.

Die hele wedstryd het minder as 53 boulbeurte geduur met die Proteas wat vir 118 uitgeboender is - die laagste Eendagtelling op Centurion. Daarna het Indië verspot maklik die benodigde lopies aangeteken met die wedstryd wat net na die etenspouse beklink is.

Die Speler van die Wedstryd, Yuzvendra Chahal het 5/22 in 8.2 boulbeurte platgetrek en het goeie ondersteuning ontvang van Kuldeep Yadav (3/20 in 6 boulbeurte).

Die enigste noemenswaardige venootskap van die Proteas was dié van 39 om die eerste paaltjie tussen Hashim Amla en Quinton de Kock terwyl JP Duminy en die nuweling Khaya Zondo 48 om die 5de paaltjie aangeteken het.

Shikhar Dhawan (51* vanaf 56 balle, 9 viere) en Virat Kohli (46* vanaf 50 balle, 4 viere en 'n ses) het saam 'n onoorwonne 93 om die tweede paaltjie gemoker om die oorwinning te verseker.

Die derde Eendagwedtsryd is Woensdag op PPC Nuweland.