Daar is lopies om te maak – Markram

Aiden Markram (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

Aiden Markram (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

Standard Bank Proteas aanvangskolwer Aiden Markram, hou vol daar is geleenthede vir die kolwers om 'n impak te maak in plaaslike toestande in die huidige Freedom Reeks teen Indië. Die eerste Sunfoil Toets op Nuweland het nie veel lopies opgelewer nie, maar Markram glo die kolfblad op SuperSport Park sal die kolwers 'n kans bied om hul staal te toon in die tweede Toets, wat Saterdag begin.

Markram het 'n uitskende begin gemaak aan sy internasionale loopbaan. Na vier wedstryde het hy 419 lopies aangeteken, wat twee honderdtalle insluit, maar hy maak reg vir sy grootste uitdaging teen die wêreld se No.1 Toetsspan. Hy sê die kolwers bly optimisties ondanks lae tellings in die eerste Toets en glo hulle het baie geleer uit die toestande op PPC Nuweland.

“ Mens moet opofferings maak vir die span," het hy op SuperSport Park gesê. " Mens sal enigiets doen vir die span en jy moet die beste maak uit hierdie toestande. Hierdie is van die dinge waardeur jy moet veg. Ons gaan dit nie aanvaar dat die kolwers nie lopies kan aanteken nie. Ek glo steeds die kolwers kan vasskop en groot tellings aanteken. Dit gaan nie maklik wees nie en gaan 'n groot uitdaging wees, maar as jy sake reg benader en vir lang periodes kan kolf, kan jy beslis lopies aanteken."

“ Mens se wedstrydplan moet aanpas by die kofblad," het hy verduidelik. " Ek moet ook aanpas by sekere baanblaaie maar ek wil nie die intensiteit verloor waarteen ek kolf nie. Wanneer ek teen die regte intensiteit kolf, beweeg ek beter en my posisie is sterker. Ek begin myself uitdaag en dit begin wanneer ek oefen. Gelukkig weet ons dat ons teen 'n gedugte boulaanval te staan kom, so die uitdaging is groot en ons moet aan intensiteit werk."

Markram sê dit is "opwindend" om sy debuut te maak op sy tuisveld, waar die Proteas ook spog met 'n formidabele rêkord. Die Proteas het slegs 2 van hul 22 wedstryde hier verloor en sal hoop om daarop voort te bou en ook die reeks te beklink.

“ Dis 'n fantastiese stadion om Toetskrieket te speel," het hy gesê. "Daar is altyd 'n goeie skare wat bankvas agter die span staan. Dis 'n kolfblad waarop die kolwers lopies kan aanteken maar as 'n bouler is daar ook hope wip en spoed en jy het altyd 'n kans. Dit gaan 'n opwindende Toets wees en ek sien uit daarna."

Kaartjies vir die wedstryd is beskikbaar by www.ticketpro.co.za