Rabada wil aanhou verbeter

Kagiso Rabada of South Africa during day 4 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and India at PPC Newlands on January 08, 2018 in Cape Town, South Africa. (Photo by Petri Oeschger/Gallo Images)

Kagiso Rabada of South Africa during day 4 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and India at PPC Newlands on January 08, 2018 in Cape Town, South Africa. (Photo by Petri Oeschger/Gallo Images)

Standard Bank Proteas snelbouler, Kagiso Rabada, hoop om sy posisie bo-aan die Internasionale Krieketraad se ranglys te handhaaf met nog uithaler vertonings hierdie seisoen.

Rabada is slegs die 7de Suid Afrikaanse bouler om die voorste posisie op die ranglys te beklee nadat hy ook 'n groot bydrae gelewer het in die oorwinnng met 72 lopies oor Indië in die eerste Sunfoil Toets op PPC Nuweland.

Die 22-jarige het van krag tot krag gegaan sedert sy debuut teen Indië in 2015 en het onlangs ook die jongste bouler geword om 100 paaltjies vir Suid Afrika in te palm. Hy hoop om voort te bou op sy vertonings in die groen en goud, maar wil verbeter op sy bestaande rol in die huidige boulaanval.

“ Dit voel fantasties om bo aan die ranglys te wees," het hy gesê. " Dis wat ek altyd wou doen en hopelik sal ek dit aanhou doen en die span help om wedstryde te wen. Ek wil beslis aanhou verbeter. "

“ Daar is altyd nuwe dinge waaraan mens moet werk," het hy oor sy vaardighede gesê. "Daar is altyd 'n probleem êrens of iets waaraan mens kan werk. Selfs al het ek die vaardighede is ek nog nie 100% met alles nie. Daar is nog skaafwerk en ek moet altyd meer doen. Ek strewe vir perfeksie. Dis nie altyd moontlk nie maar ek kan ten minste probeer om so na as moontlik daarby uit te kom."

Rabada voel die sleutel tot sukses lê daarin dat hy aanpas by die toestande en baie leer uit 'n veelsydige boulaanval. Hy het geen illusies dat hy in die span is as om paaltjies te neem nie, maar wil ten alle tye die span eerste stel voor persoonlike ambisies.

“ Ek boul waar die span my benodig om te boul," het hy gesê. "Ek sal graag die boulwerk wil open, maar dis moeilik wat ons het twee uitstaande boulers wat dit tans doen. Ek hou daarvan om te doen wat die span wil hê ek moet doen en dan moet ek my persoonlike ambisies opsy skuif. Ek is baie gelukkig met my rol want ek probeer paaltjies neem, maar moet ook by tye die lopies beperk."

“ Dis lekker om met Morne Morkel, Dale Steyn en Vernon Philander te boul," het hy bygevoeg. Ongelukkig is Dale nou uit die boulaanval. Dit sou 'n bonus gewees het om met iemand van sy kaliber te boul. Ek is baie bly dat ek met hom kon boul en hopelik kan ons dit weer doen in die toekoms. Ons het 'n boulaanval met baie vaardighede, soos mens in die onlangse wedstryd gesien het. Dis fantasties om saam met hierdie veterane te speel."

Die tweede Sunfoil Toets teen Indië begin Saterdag op SuperSport Park in Centurion. Kaartjies kan gekoop word by www.ticketpros.co.za.