Philander verydel indiese weerstand met drie vinnige paaltjies

Standard Bank Proteas Vernon Philander of South Africa during day 4 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and India at PPC Newlands

Standard Bank Proteas Vernon Philander of South Africa during day 4 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and India at PPC Newlands

VERNON PHILANDER het drie vinnige paaltjies binne die bestek van 4 aflewerings geneem- die eerste 'n uitstekende vangskoot van Quinton de Kock- om Indië se kanse te verydel in die eerste Sunfoil Toets op PPC Nuweland en om 'n oorwinning met 72 lopies te besorg aan die Standard Bank Proteas.

Voor Philander se vuurwerk met die bal was daar steeds 'n geringe kans dat Indië 'n onwaarskynlike oorwinning kon behaal met Ravichandran Ashwin en Bhuvneshwar Kumar wat 49 om die 8ste paaltjie aangeteken het. Indië het op een stadium op 82/7 gesteier nadat hulle die taak gestel is om 208 vir 'n oorwinning aan te teken. Dit was slegs een lopie minder as wat hulle in hul eerste beurt aangeteken het.

Philander het geëindig met beste syfers van 6/42 - 'n verbetering op sy 6/44 wat in 2011/12 teen Nieu-Seeland in Hamilton aangeteken is.

Dit was die 12de geleentheid in Toetskrieket dat hy 5 paaltjies of meer in 'n kolfbeurt neem. Slegs Dale Steyn (26), Allan Donald (20), Makhaya Ntini (18), Shaun Pollock (16) en Hugh Tayfield (14) het beter gevaar in Suid Afrikaanse kleure.

Dit was 'n wonderlike skouspel wat uiteindelik oor drie dae beslis is. Agtien paaltjies het op die laaste dag gekantel vir 200 lopies met die Proteas wat in duie gestort het van 65/2 tot 130 almal uit binne 22 boulbeurte. Indië is toe vir 135 uitgeknikker in 42.4 boulbeurte.

Dit was amper soortgelyk as die wedstryd in 2011 toe die Proteas Australië ook teen die verwagting op Nuweland geklop het. Op daardie dag het 23 paaltjies gekantel vir 294 lopies.

Op die ou end was die eerste beurt voorsprong van 77 deurslaggewend vir die Proteas.

Die kombinasie van die reën op dag drie en die oortrokke toestande het sake moeiliker gemaak as op die eerste dag. Afgesien van kolwers wat geboul is of BVP betrap is, is die oorgrote meerderheid kolwers agter die penne of in die glippe uitgevang.

Wridhiman Saha het 10 vangskote in die wedstryd benut vir Indië met De Kock wat 7 kolwers uitgevang het. Die tuisspan se veldwerk in die glippe het ook verbeter met Faf du Plessis en AB de Villiers wat twee vangskote elk benut het. Die plaasvervanger, Chris Morris, het ook een in die gangetjie geneem.

Philander is as die Sunfoil Speler van die Wedstryd aangewys vir sy syfers van 9/75, hoewel AB de Villers ook 'n 50-tal in die eerste beurt en 35 in die tweede aangeteken het.

Die Sunfoil Opvoedkundige Trust (SET) is ook beloon met R214 00 vir die aantal grenshoue en sesse wat in die wedstryd geslaan is asook die paaltjies wat geneem is.