Dale Steyn uit eerste Toets teen Indië

Dale Steyn

Dale Steyn

Dale Steyn sal nie verder kan boul in die Sunfoil Toets teen Indië op Nuweland nie nadat hy 'n haakskeen besering opgedoen het op dag twee. Die snebouler het ongemaklik geland terwyl hy net na teetyd geboul het, met skanderings wat getoon het dat hy weefsel aan sy voet beskadig het.

'n Besluit oor Steyn se beskikbaarheid om te kolf sal gemaak word na bespreking met die mediese span.

Proteas spanbestuurder Dr Mohammed Moosajee verduidelik: “Dale het ongemaklik geland in van die voetmerke terwyl hy besig was met sy 18de boulbeurt. Dit het spanning in sy voet veroorsaak en het die weefsel aan die onderkant van sy voet beskadig, naby die haakskeen. Dis onwaarskynlik dat hy in die wedstryd sal boul aangesien die periode van herstel tussen 4 en 6 weke kan duur. Hy sal heel moontlik ook die res van die reeks teen Indië misloop.

“ Ons het kontak gemaak met een van die voorste voet-en- enkel sjirurge, wat deel uitmaak van Krieket Suid Afrika se mediese komitee om 'n ondersoek te doen en om 'n opinie te gee. Mens moet in ag neem dat die besering 'n fratsongeluk was oor die wyse waarop sy voet geland het en het niks te make met sy werkslading of fiksheid nie."