Pandya naboots AB se teenannval en beperk Proteas se voorsprong

Hardrik Pandya during day 2 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and India at PPC Newlands

Hardrik Pandya during day 2 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and India at PPC Newlands

AB DE VILLIERS het op dag een van die Sunfoil Toets op PPC Nuweland die oomblik aangegryp toe hy vier viere vanaf die boulwerk van Bhuvneshwar Kumar gemoker het nadat die naatbouler gedreig het om die Standard Bank Proteas eiehandig uit te boul.

Op dag twee was dit die beurt van Hardik Pandya om iets soortgelyk te doen met 'n briljante teenaanval wat begin het met drie grenshoue vanaf Vernon Philander se boulwerk. Op daardie stadium het die meeste van Pandya se kollegas Philander amper onspeelbaar gevind.

Voor Pandya se vuurwerk met die kolf het Philander 2/6 in 10 boulbeurte geneem met Indië wat teen die planke was op 92/7. Die Proteas moes toe begin hoop op 'n eerste beurt voorsprong van ten minste 150.

Maar Pandya het met agressie gekolf en het gelyk asof hy sy sy tweede Toetshonderdtal sou aanteken. Op daardie stadium het hy teen vinniger as 'n lopie per bal gekolf. Kumar het ook saam met hom vasgeskop en saam het hulle 99 om die 8ste paaltjie aangeteken. Pandya is uiteindelik deur Kagiso Rabada vir 93 (95 balle, 14 viere en 'n ses) kleedkamer toe gestuur.

Dit was 'n tipiese kolfbeurt van 'n nommer 6 veelsydige speler, soortgelyk aan Kapil Dev of Ian Biotham. Die besoekers sal besef dat Pandya hom in die nommer 6 posisie gevestig het.

Hy is daarvoor bekend dat hy groot teenaanvalle kan loods. In sy eerste Toetsreeks teen Sri Lanka het hy op nommer 8 kom kolf en sy eerste Toetshonderdtal (108 vanaf 96 balle) gemoker. Pandya was ook in 'n venootskap van 66 om die laaste paaltjie met Umesh Yadav betrokke, met laasgenoemde wat slegs 3 lopies tot die venootskap bygedra het.

Hy was ook indrukwekkend met die bal toe die Proteas vir 'n tweede keer begin kolf het. Hy het die paaltjies van albei aanvangskolwers ingepalm, net toe dit lyk asof Suid Afrika die oorhand begin kry. Aiden Markram en Dean Elgar het weer meer as 50 om die eerste paaltjie bygedra nadat hulle ook twee venootskappe van meer as 100 in hul 6 kolfbeurte saam aangeteken het.

Die Proteas was nogtans in 'n stewige posisie teen uitskeityd en het hul eerstebeurt voorsprong van 77 omskep in 'n algehele voorsprong van 142 met 8 paaltjies staande.

Hulle het Dale Steyn as bouler verloor net na teetyd met die snelbouler wat las het van 'n haakskeen besering. Rabada het egter met hope spoed en vuur geboul tydens die Indiese kolfbeurt en die tuisspan het steeds 4 spesialis boulers tot hulle beskikking.

Die Sunfoil Opvoedings Trust (SET) is ook beloon met R142 000 oor die eerste twee dae.