Moeilikste spankeuse wat ons moes maak – Du Plessis

Standard Bank Proteas captain, Faf du Plessis.

Standard Bank Proteas captain, Faf du Plessis.

Standard Bank Proteas kaptein Faf du Plessis, het toegegee dat die spankeuse vir die eerste Sunfoil Toets teen Indië op PPC Nuweland een van die moeilikste van sy loopbaan as kaptein is. Dit is die eerste keer dat hy alle spelers beskikbaar het sedert sy aanstelling twee seisoene gelede. Die boulaanval is op volle sterkte en die terugkeer van AB de Villiers en Dale Steyn maak dit die sterkste groep tot dusver.

Hy sê die finale elftal sal gekies word wat die beste sal vaar in die Nuwelandse toestande.

“ Die keuses wat ons sal moet maak is van die moeilikste nog. Dit is moeilik," het hy toegegee op die vooraand van die wedstryd. "Daar is so baie kombinasies wat ons in ag moet neem, maar dis 'n lekker kopseer om te hê. " Ja dis moontlik om 4 naatboulers in te span, maar ons besluit nog wat ons sterkste elftal sal wees."

“ Hoe ookal mens na die situasie kyk is dit moeilik om 'n span te kies," het hy verduidelik. "Ons sal 'n besluit maak oor wie die beste span spesifiek vir Nuweland sal wees. Weens die verskeidenheid in die groep met so baie opsies kan ons 'n verskillende span vir elke stadion kies."

Die reeks is dalk die laaste geleentheid vir 'n groot gros spelers om Indië by die huis te pak en dien as motivering nadat Indië die Toetsreeks in 2015 met 3-0 gewen het. 'n Reeksoorwining vir die Proteas sal nie Indië onttroon as die voorste Toetsspan op die Internasionale Krieketraad se ranglys nie, maar die kragmeting tussen die voorste twee spanne beloof om opwindende krieket op te lewer.

“ Dis goed dat die reeks so belangrik is want ons wil graag in groot reekse speel," het Du Plessis gesê. "Ons speel nie in 'n reeks om die As nie, so dis goed om die sien dat die reeks tussen Suid Afrika en Indië soveel belangstelling uitlok. Hier is 22 van die wêreld se beste spelers wat oor die volgende 4 weke alles in die stryd gaan werp, so dis nogal opwindend."

“ Ek weet nie wanneer die volgende Toetsreeks teen Indië gaan wees nie, maar dis nog 'n lang ruk weg," het hy bygevoeg. "Dis nog minstens drie jaar wat ons moet wag, so dis dalk die laaste geleentheid vir van die senior spelers om teen Indië te speel. Daar is geen beter manier om teen hulle te speel as 'n reeks in Suid Afrika nie. Ons was baie teleurgesteld met die uitslag in Indië so ons het 'n appeltjie te skil. Ons is baie opgewonde oor hierdie reeks."

Du Plessis het ten volle herstel van sy rug-en skouer beserings wat hom sedert Oktober op die kantlyn gehou het en hy voel fiks en gemotiveerd om die span in die eerste wedstryd van die reeks te lei.

“ Ek het die Ferrari bietjie na die paneelklopper gestuur," het hy gespot. "Eers het ek my rug beseer en toe moes ek 'n skouer operasie ondergaan. Dit was baie frustrerend en dinge het bietjie stadiger verloop as wat ek wou. Ek het gedink dit sou ses weke duur, maar op die ou end was dit elf, maar nou voel ek reg om te speel."

“ Ek is baie honger om te speel," het hy bygevoeg. " Ek sou graag teen Zimbabwe wou speel om bietjie te kolf, maar alles voel reg so hopelik kan ek voortbou op verlede seisoen."