Du Plessis uit Zimbabwe Toets; De Villiers die captain

Standard Bank Proteas captain, Faf du Plessis.

Standard Bank Proteas captain, Faf du Plessis.

Standard Bank Proteas kaptein, Faf du Plessis, sal die dag/aand Sunfoil Toets teen Zimbabwe op St George's Park misloop. Hy het vandeesweek 'n virale infeksie opgedoen en dit het sy herstel vertraag na rug en skouerbeserings.

AB de Villiers is as die waarnemende kaptein van die eenmalige wedstryd aangewys.

Proteas spanbestuurder Dr Mohammed Moosajee het Du Plessis se weglating verduidelik: “ Faf het aanvanklik goeie vordering gemaak nadat hy 'n skouer besering en toe 'n rugbesering opgedoen het. Hy sou sy terugkeer in hierdie wedstryd gemaak het maar het 'n virale infeksie opgedoen en sal nie gereed wees vir hierdie wedstryd nie. Hy sal steeds behandeling ontvang van ons fisioterapeut, Craig Govender, en hopelik sal hy fiks wees om die span te lei in die eerste Toets teen Indië, wat op die 5de Januarie in Kaapstad begin.

Die Sameroper van die Keurkomitee, Linda Zondi, het gesê: " Dis jammer dat Faf die wedstryd moet misloop weens besering, maar ons wil liewer voorsorg tref voor die besige somer van krieket by die huis. AB het Suid Afrika in beide die Eendagformaat en die Toetsformaat gelei en sy ervaring is baie belangrik vir die eerste Toets van die seisoen. Hierdie is 'n eenmalige aanstelling en ons bedank AB dat hy dit aanvaar het op kort kennisgewing."