Miller verniel Bangladesj

David Miller of South Africa on the attack during the 2nd KFC T20 match between South Africa and Bangladesh at Senwes Park on October 29, 2017 in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Gordon Arons/Gallo Images)

David Miller of South Africa on the attack during the 2nd KFC T20 match between South Africa and Bangladesh at Senwes Park on October 29, 2017 in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Gordon Arons/Gallo Images)

DAVID MILLER het sy naam in die geskiedenis boeke geskryf toe hy die vinnigste honderdal ooit in die geskiedenis van T20 internasionale krieket gemoker het. Terselfdertyd het hy die Standard Bank Proteas gehelp om die tweede KFC wedstryd op Senwes Park met 83 lopies te wen.

Sodoende het die Proteas die KFC T20 reeks met 2-0 beklink en skoonskip gemaak oor al drie formate.

Miller het sy honderdtal vanaf 35 balle voltooi, 10 aflewerings vinniger as die vorige Protea, Richard Levi. In die proses het hy ook die 4de Suid Afrikaner geword om 'n hondertal in T20 internasionale krieket te moker na Levi, Morne van Wyk en Faf du Plessis. Hy het ook so byna Yuvraj Singh se vertoning van 6 sesse in 'n boulbeurt ewenaar. Hy het die eerste 5 aflewerings van Saifuddin oor die grens laat seil, maar moes met 'n enkellopie vanaf die laaste bal tevrede wees.

Hy het 31 vanaf daardie boulbeurt gemoker en het slegs 13 balle benodig om vanaf 51 na sy hondertal te beweeg. Dit het 6 sesse en 2 viere ingesluit.

Ongelukkig vir Bangladesj is hy misgevang voordat hy 'n lopie kon aanteken en daarna het die besoekers dit behoorlik ontgeld.

Voor sy vuurwerk het dit gelyk asof Hashim Amla dalk Suid Afrika se 4de honderdtal sou aanteken deur 85 vanaf 51 balle te moker (11 viere en 'n ses). Hy is op die grens uitgevang voordat Miller die krane oopgedraai het (101* vanaf 36 balle, 7 viere en 9 sesse).

Bangladesj was op een stadium goed op dreef en die Proteas beperk tot 45/2 na 6 boulbeurte en 78/3 na 10 boulbeurte. Dit was die kalmte voor die storm.

Bangladesj se kaptein, Shakib Al Hasan, het die beurt geopen met die bal en 2/24 in sy 4 boulbeurte laat kantel. JP Duminy het hom getroef deur in dieselfde rol 2/23 in te palm.

Bangladesj het te veel paaltjies verloor in 'n poging om die teiken te bereik en het vroeg vier van hul beste kolwers verloor.

Die lopietempo het ook bly styg en die besoekers moes teen 23 per beurt tydens die laaste 5 boulbeurte kolf. Tydens MIller se verwoestingswerk met die kolf, het die Proteas 90 lopies tydens die laaste 5 boulbeurte gemoker.

Miller is as die KFC Speler van die Wedstryd en die KFC Speler van die Reeks aangewys.