SA wens Proteas geluk met T20 reeksoorwinning

Mangaliso Mosele (wk) of South Africa celebrates his catch off the bowling of Andile Phehlukwayo of South Africa during the 2nd KFC T20 match between South Africa and Bangladesh at Senwes Park on October 29, 2017 in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Gordon Arons/Gallo Images)

KRIEKET SUID AFRIKA (CSA) het die Standard Bank Proteas geluk gewens nadat hulle die KFC T20 reeks teen Bangladesj met 2-0 beklink het. Die tuisspan het die besoekers met 83 lopies op Senwes Park oorrompel nadat hulle die eerste wedstryd Donderdag by die Mangaung Oval met 20 lopies gewen het.

“Dit is nog 'n belangrike stap vorentoe vir ons span en die nuwe leierskap onder die leiding van hoofafrigter Ottis Gibson, Faf du Plessis en die waarnemende kaptein, JP Duminy. Veels geluk aan al die spelers en die bestuurspan," het die Waarnemende Hoofbestuurder van Krieket Suid Afrika, Thabang Moroe, gesê. Dit is 'n riem onder die hart om te sien hoe jong spelers geleenthede gegee word en hoe die poel van talentvolle spelers verbreed word."

“Die tyd het gekom vir ons om op te beweeg in die T20 ranglys sodat ons dieselfde vordering maak van ons Toets en Eendagspanne."

“Ek wil ook die Vrystaat en Noordwes Unies bedank wat hierdie wedstryde aangebied het. Dit was baie goed ondersteun," het Mnr Moroe afgesluit.