Proteas poog om Bangladesj weer te domineer

JP Duminy during the South African national cricket team training session at Mangaung Oval on October 25, 2017 in Bloemfontein, South Africa. (Photo by Frikkie Kapp/Gallo Images)

JP Duminy during the South African national cricket team training session at Mangaung Oval on October 25, 2017 in Bloemfontein, South Africa. (Photo by Frikkie Kapp/Gallo Images)

Die Standard Bank Proteas T20 groep het hulleself die taak gestel om voort te gaan met hul dominerende vertonings in die Toets en Eendag arena wanneer hulle Bangladesj in die eerste KFC T20 wedstryd in Bloemfontein pak. Dis 'n nuwe groep met heelwat nuwe gesigte en hulle sal oorgehaal wees om 'n indruk te maak op die nuwe afrigter, Ottis Gibson.

JP Duminy sal die span lei in die afwesigheid van Faf du Plessis. Hy het laas die span aangevoer in 'n 2-1 reeksnederlaag teen Australie in 2014. Duminy het die span se doelwitte duidelik gemaak voor die eerste wedstryd op die Mangaung Oval. Daar sal ook nuwe spreiligte tydens die wedstryd gebruik word.

Duminy sê hoewel Bangladesj tot dusver in die reeks gesukkel het, behoort hulle hul goed van hul taak te kwyt in die korter formaat.

“ Die korter formaat bring spanne nader aan mekaar," het hy aan die media gesê. "Bangladesj is 'n formidabele T20 span en ons verwag hewige teenstand in hierdie twee wedstryde. Die doelwit vir ons is, soos in die Toetswedstryde en Eendagwedstryde, om die reeks met 2-0 te wen. Dit is ons fokus."

“ Daar is twee maniere om die besoekers op te som," het hy bygevoeg. "Hulle kan gevaarlik wees want hulle het niks om te verloor nie. Of hulle het een voet op die vliegtuig en will reeds huis to gaan. Maar dit gaan oor wat ons uit die reeks wil uitneem."

Die Hollywood Bets Dolphins veelsydige speler, Robbie Frylinck, is die enigste nuweling in die groep, met talle spelers wat hul stempel wil afdruk in die korter formaat. Die keurders wil ook so veel as moontlik spelers geleenthede bied en hulle het reeds 'n hele klomp spelers ontgun met 'n oog op die toekoms.

“Daar is 'n groot geleentheid vir hom as hy kans kry om te speel," het hy van Frylinck gesê. "Dit maak nie saak wat jou ouderdom is nie. Hy het baie ondervinding en het baie wedstryde vir sy franchise gespeel. Hy het die ervaring en hy sal daardie vaardighede onder druk moet kan gebruik."

“ Dit is 'n platform waar ons almal getoets gaan word," het hy bygevoeg. Dit is waar jou vaardighede getoets op sy beste moet wees. Dis hier waar jy alles wat jy het teen toon stel en dis waar jy wil speel."



Die wedstryd begin om 18h00 plaaslike tyd. Kaartjies kan by www.ticketpros.co.za gekoop word.
Standard Bank T20 International squad: Hashim Amla (WSB Cape Cobras), Farhaan Behardien (Multiply Titans), Quinton de Kock (bizhub Highveld Lions), AB de Villiers (Multiply Titans), JP Duminy (WSB Cape Cobras, capt), Robbie Frylinck (Hollywoodbets Dolphins), Beuran Hendricks (bizhub Highveld Lions), David Miller (VKB Knights), Mangaliso Mosehle (bizhub Highveld Lions), Dane Paterson (WSB Cape Cobras), Aaron Phangiso (bizhub Highveld Lions), Dwaine Pretorius (bizhub Hughveld Lions), Andile Phehlukwayo (Hollywoodbets Dolphins), Tabraiz Shamsi (Multiply Titans).