Frylinck wil dinge eenvoudig hou vir Proteas

Robbie Frylinck.

Robbie Frylinck.

Standard Bank Proteas veelsydige speler, Robbie Frylinck, wil dinge eenvoudig hou in die opkomende KFC T20 reeks teen Bangladesj, wat Donderdag by die Mangaung Oval in Bloemfontein begin. Frylinck het sy oproep na die Proteas as 33-jarige as 'n "verrassing" beskryf en sal sy beste doen om die geleentheid aan te gryp.

" Mens bereik die stadium waar jy begin dink dit gaan nooit gebeur nie," het hy na de span se oefening in Bloemfontein gesê. "Ek het baie dinge vir my franschise gedoen en ek is die tipe speler wat 200 persent gee as ek op die veld kom, ongeag die situasie."

" Ek was nog altyd 'n vegter en lewer altyd my beste," het hy verduideik. "My insluiting is ietwat van 'n verrassing want ek het lank hiervoor gewag, so ek gaan my bes probeer."

Frylinck het jare se ondervinding in die T20 formaat en het 87 wedstryde in die Indiese Premierliga en die Karribiese Premier Liga oor 10 jaar gespeel. Hy sal hom weer op sy bekende wedstryd planne berus en sal probeer dinge probeer eenvoudig hou.

" Daar is altyd druk," het hy bygevoeg. "Elke wedstryd bring sy eie druk. Ek is nou by daardie ouderdom waar ek nie gaan probeer om my wedstrydplan te verander nie. Ek wil dinge net eenvoudig hou. Hopelik sal dinge goed gaan."

Die veelsydige speler hoop om 'n impak met kolf en bal te lewer. Hy hou die rekord vir die vinnigste 50-tal vanaf slegs 19 balle en spog met boulsyfers van 5/16. "Ons het oor die laaste ruk gesien hoe goed die Proteas se kolfys is," het hy bygevoeg. "Ek sal wag en sien of ek sal kans kry om te boul of om te kolf. Ek het 'n spesifieke taak met die bal en die kolf. Dalk sal ek meer moet boul as kolf, maar ek sal ook my deel moet doen met die kolf indien nodig.

Kaartjies vir die wedstryd is beskbaar vanaf www.ticketpros.co.za. Spel begin om 18h00 plaaslike tyd.