Proteas maak skoonskip in eendagreeks

EAST LONDON, SOUTH AFRICA - OCTOBER 22: Series winners South Africa during the 3rd Momentum ODI match between South Africa and Bangladesh at Buffalo Park on October 22, 2017 in East London, South Africa. (Photo by Richard Huggard/Gallo Images)

EAST LONDON, SOUTH AFRICA - OCTOBER 22: Series winners South Africa during the 3rd Momentum ODI match between South Africa and Bangladesh at Buffalo Park on October 22, 2017 in East London, South Africa. (Photo by Richard Huggard/Gallo Images)

Die Standard Bank Proteas het die Momentum Eendagreeks beklink met 'n oorwinning met 200 lopies oor Bangladesj in die laaste wedstryd op Buffalo Park in Oos-Londen. Met die 3-0 reeksoorwinning het die Proteas opgeskuif na die nommer een posisie op die Internasionale Krieketraad se ranglys.

Die oorwinning was gedemper deur 'n rugbesering wat kaptein, Faf du Plessis opgedoen het. Hy was onoorwonne op 91 (67 balle, 10 viere en 'n ses) nadat hy in 'n rekordvenootskap van 151 saam met die nuweling Aiden Markram betrokke was.

Suid Afrika se kaptein was goed op pad om sy 9de honderdtal in hierdie formaat aan te teken. Markram het ook gelyk asof hy honderdtal sou voltooi (66 vanaf 60 balle, 4 viere en 2 sesse) voordat hy homself uitgehardloop het. Hy het ook 'n honderdtal tydens sy Toetsdebuut misgeloop nadat hy ook uitgehardloop is.

Du Plessis sal die KFC T20 reeks aanstaande week misloop met JP Duminy wat die span sal aanvoer. Dwaine Pretorius is as plaasvervanger nader geroep.

Bangladesj het weereens 'n duur prys betaal vir hul onvermoë om vroeg paaltjies te neem. Die afwesigheid van Hashim Amla het geen verskil gemaak nie met Quinton de Kock en Temba Bavuma wat 'n aanvangsvenootskap van 119 gehad het. Dit het die Proteas gehelp om 'n telling van 369/6 daar te stel. Die Proteas het slegs 12 paaltjies tydens die hele reeks verloor.

Tydens Bangladesj se kolfbeurt het hulle drie vinnige paaltjies binne die eerste 6 boulbeurte verloor met Kagiso Rabada en Dane Paterson wat toegeslaan het. Paterson het geëindig met boulsyfers van 3/44 terwyl die nuwelinge, Markram en Wiaan Mulder, tussen hulle drie paaltjies geneem het.

De Kock, Amla en De Villiers het tesame amper 600 lopies gemoker met De Kock wat as die Momentum Speler van die Reeks aangewys is. Du Plessis was die Speler van die Wedstryd.

Die teenwoordigheid van Bavuma, Markram en Mulder het ook nuwe engergie in die Proteas se vertoning in die veld geblaas.