Proteas wil met 3-0 skoonskip maak

South Africa's JP Duminy

South Africa's JP Duminy

JP Duminy sê die Standard Bank Proteas is vasbeslote om hul onoorwonne rekord te behou wanneer hulle in die laaste Momentum Eendagwedstryd teen Bangladesj op Buffalo Park in Oos-Londen te staan kom.

Die Proteas loop met 2-0 voor in die reeks van drie nadat hulle die tweede wedstryd in die Paarl oortuigend met 104 lopies gewen het. Die span wil nou skoonskip maak in die reeks.

Duminy glo die span bly gemotiveerd om hul doelwitte te bereik wat hulle gestel het, ondanks die dominerende vertonings in die reeks. Hy is beïndruk met die hoë standaarde wat die span gestel het en verwag nog 'n uitstekende vertoning om die reeks mee af te sluit.

“Ons het voor die reeks gepraat dat ons met 3-0 wil wen en dis steeds ons fokus," het Duminy in Oos-Londen gesê. "Ons het twee baie goeie wedstryde gehad, maar ons wil gefokus bly en 'n goeie vertoning lewer om die reeks af te sluit."

“ Ek is baie gelukkig met die wyse waarop ons ons huiswerk gedoen het," het hy gesê. " Ons was gedissiplineerd in alle afdelings. Ons was baie gefokus en gelukkig het ons hulle in alle fasette oordonder. Ek dink nogtans Bangladesj gaan wil uitkom en probeer om 'n punt te bewys."

David Miller sal 'n fiskheidstoets moet slaag om te bepaal of hy wel kan speel, terwyl Hashim Amla 'n blaaskans gegun word.

“ Hashim word gerus so daar is beslis 'n kans vir ander om te beindruk," het Duminy bygevoeg. "Ek is nie seker hoe die span gaan lyk nie. Daar is wel geleenthede vir ander spelers en ons sal moet sien wat die keurders besluit."

Die Proteas het 13 uit 17 wedstryde in Oos-Londen gewen en die kolfblad is bekend vir lae tellings. Die gemiddelde telling is 242 vir dag wedstryde. Die Windies is vir slegs 122 in die laaste wedstryd hier in 2015 uitgeboender, met Hashim Amla (61) en Faf du Plessis (51) die uitblinkers in 'n oorwinning met nege paaltjies.

“Dit lyk soos 'n goeie kolfblad vir Oos-Londen," het Duminy verduidelik. "Dis gewoonlik stadig en balle hou soms laag, maar ons moet net seker maak dat ons gereed is en ons planne in plek het vir die toestande."

Spel begin om 10h00 plaaslike tyd.



Match Broadcast Details
SuperSport 2 Channel 202 09h30 (CAT)

SABC 3 09h30

Facebook - www.facebook.com/cricketsouthafrica

Twitter - OfficialCSA

Hashtags: #ProteaFire #SAvBAN

Sunday, 22 October
3rd Momentum ODI
South Africa v Bangladesh, Buffalo Park East London
10h00