Oorwinning net die regte medisyne voor groot Somer – Du Plessis

POTCHEFSTROOM, SOUTH AFRICA - SEPTEMBER 27: Faf du Plessis of the Proteas during the South African national mens cricket team training session and press conference at Senwes Park on September 27, 2017 in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

POTCHEFSTROOM, SOUTH AFRICA - SEPTEMBER 27: Faf du Plessis of the Proteas during the South African national mens cricket team training session and press conference at Senwes Park on September 27, 2017 in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

Standard Bank Proteas kaptein, Faf du Plessis, sê die 2-0 Sunfoil reeksoorwinning oor Bangladesj is 'n groot hupstoot voor 'n uitdagende seisoen, wat toere deur Indië en Australie insluit. Die Proteas het albei wedstryde oortuigend gewen -albei met 'n beurt- met die kolwers wat sake domineer het in mak toestande.

Du Plessis gee toe dat die groep nog nie hul volle potensiaal verwesenlik het nie, met beserings tot die snelboulers en die soektog na die ideale kolflys van die groot kopsere. Die oorwinning is die eerste hekkie van sewe Toetswedstryde en sal die groot uitdaging wees vir die groep indien hulle die nommer een posisie op die Toets ranglys will terug wen.

“Die eerste ding is selfvertroue," het hy na die reeks in Bloemfontein gesê. "Ons het goeie teikens gehad voor die reeks as 'n span. Ons het baie van die doelwitte bereik. Ons waardeer die selfvertroue wat die reeks gebied het voor die einde van die jaar."

“ Daar is niks uit hierdie reeks wat ons beter kon doen nie," het hy gesê. "Almal het lopies aangeteken en daar was groot honderdtalle. Daar was ook belangrike venootskappe. Ons is nog nie waar ons moet wees nie. Indien ons verbeter sal ons 'n poging insit om weer die voorste span in die wêreld te word."

Du Plessis sê hy het 'n groter stryd verwag teen die span wat tans 9de op die ranglys is. Die besoekers het 'n Toetsreeks (1-1) teen Australie gedeel. Hoewel die oorwinning die regte medisyne is, hoop die kaptein vir 'n groep op volle sterkte vir die opkomende seisoen.

“Ek het 'n groter tweestryd verwag," het hy toegegee. "Ek het nie gedink dat hulle die reeks sou wen nie, maar ek het gedink dat daar sekere sessies was waar ons onder druk geplaas sou word. Toe hulle druk wou toepas het ons positief reageer en die soort van agressie gebruik wat ons oor in vergaderings praat. Daarna het ons die wedstryd domineer."

“Indië en Australië gaan baie moeiliker wees," het hy gesê. "Bangladesj het nie die slaankrag gehad onder die huidige toestande nie. Ons wil nie op ons louere rus nie. Ons het baie werk om te doen voordat ons die span word wat ons wil wees."

Die fokus skuif nou na die Momentum Eengdareeks van drie wedstryde, wat Sondag by die Diamand Oval in Kimberley begin. Die span sal Donderdag in Kimberley bymekaar kom.