CSA wens Proteas geluk met reeksoorwinning oor Bangladesj

Standard Bank Proteas batsmen Hashim Amla and captain Faf du Plessis

Standard Bank Proteas batsmen Hashim Amla and captain Faf du Plessis

KRIEKET SUID AFRIKA (CSA) het die Standard Bank Proteas geluk gewens met hul 2-0 oorwinning oor Bangladesj in die Sunfoil Toetsreeks.

Die Proteas het die reeks beklink toe hulle Bangladesj met 'n beurt en 254 paaltjies verpletter het in die tweede Toets by die Mangaung Oval.

“Veels geluk aan die Proteas vir hul uitstekende begin tot die seisoen," het die waarnemende Bestuurshoof van Krieket Suid Afrika, Thabang Moroe gesê . “Dit is 'n wonderlike begin vir ons afrigter, Ottis Gibson met die aanloop tot 'n uitdagende seisoen, wat Toetsreekse teen Indië en Australie insluit. Daar bestaan geen twyfel dat hy en ons kaptein, Faf du Plessis, reeds 'n uitstekende verhouding aangeknoop het.

“Veels geluk ook aan Dean Elgar wat die meeste Toetslopies in 'n kalenderjaar aangeteken het en aan Kagiso Rabada wat die voorste bouler vanjaar in Toetskrieket is.

“Kagiso het ook die mylpaal vir 100 Toetspaaltjies in slegs 22 Toetse behaal en is die derde vinnigste Suid Afrikaner saam met Allan Donald en Hugh Tayfield. Slegs Vernon Philander en Dale Steyn is voor hom op die lys.

“Dit is die 3de keer dat hy 10 paaltjies in 'n Toetswedstryd neem en hy het baie volwassenheid getoon om die boulaanval te lei in die afwesigheid van ander senior spelers.

“Daar is baie ander hoogtepunte insluitend Hashim Amla wat sy 28ste Toetshondertal aangeteken het en die uitstekende vertonings van Aiden Markram en Andile Phehlukwayo op debuut

“Ons sien beslis uit na 'n opwindende seisoen van internasionale krieket," het Mnr Moroe afgesluit.