Rabada boul Proteas tot reeksoorwinning

Kagiso Rabada of South Africa celebrates

Kagiso Rabada of South Africa celebrates

KAGISO RABADA het vir die tweede keer in die wedstryd 5 paaltjies laat kantel en vir die derde keer 10 paaltjies in 'n wedstryd geneem en die Standard Bank Proteas gehelp om Bangladesj met 'n beurt en 254 lopies in die tweede Sunfoil Toets onder stof te loop. Die wedstryd het binne drie dae op die Mangaung Oval geëindig.

Dit het aan die Proteas 'n 2-0 reeksoorwinning besorg en die span maak nou reg vir die Momentum Eendagreeks, wat uit drie wedstryde bestaan. Die eerste wedstryd is Sondag op die Diamand Oval.

Andile Phehlukwayo, wat slegs in sy tweede Toets gespeel het, het ook gespog met boulsyfers van 3/36. Vroeër het die debutant, Aiden Markram ok sy eerste Toetshondertal aangeteken.

Rabada het geëindig met syfers van 10/63 en het nou sy 100ste paaltjie ingepalm in slegs sy 22ste Toetswedstryd. Slegs Vernon Philander en Dale Steyn het die mylpaal vinniger vinniger bereik en is gesamenlik derde saam met Allan Donald en Hugh Tayfield.

Hy is ook die voorste bouler in die huidige kalender jaar met 54 slagoffers.

Beide Bangladesj se kolfbeurte het minder as 43 boulbeurte geduur en hulle het gesukkel teen die spoed van die Suid Afrikaanse snelboulers.

Rabada is aangewys as die Sunfoil Speler van die Wedstryd en Dean Elgar as die Sunfoil Speler van die Reeks.

Die tweede Toets het R193 000 vir die Sunfoil Opvoedkundige Trust ingesamel en algeheel R417 500 vir die reeks.