Senior spelers druk hul stempel af vir Proteas

Kagiso Rabada of the Proteas celebrates the wicket of Soumya Sarkar of Bangladesh during day 2 of the 2nd Sunfoil Test match between South Africa and Bangladesh at Mangaung Oval on October 07, 2017 in Bloemfontein, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

Kagiso Rabada of the Proteas celebrates the wicket of Soumya Sarkar of Bangladesh during day 2 of the 2nd Sunfoil Test match between South Africa and Bangladesh at Mangaung Oval on October 07, 2017 in Bloemfontein, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

Dit was 'n dag waarin die senior Standard Bank Proteas spelers hul stempel afgedruk het met Suid Afrika wat sake domineer het op die tweede dag van die tweede Sunfoil Toetswedstryd teen Bangladesj op die Mangaung Oval.

Teen uitskeityd tyd na dag twee het die Proteas 'n voorsprong van 426 lopies gehad met Faf du Plessis wat in 'n posisie was om voor uitskeityd te vra vir die opvolgbeurt.

Die dag het afgeskop met Hashim Amla (132 van 163 balle, 17 vieref) en Du Plessis (135* vanaf 181 balle, 15 viere) en die paar het ook 'n rekordvenootskap van 247 om die 4de paaltjie teen Bangladesj gemoker.

Die vorige geleentheid wat dit gebeur het was tydens die Wes Indiese Eilande in Antigua in 2005.

Kagiso Rabada het toe die besoekers verniel deur vir die 6de keer 5 paaltjies in 'n kolfbeurt te laat kantel. Hy het 5/33 geneem en Bangladesj is vir slegs 147 binne 42.5 boulbeurte uitgeboender. Rabada het nou 49 paaltjies in die kalender jaar geneem en dit maak hom die voorste bouler vanjaar. Hy het tot dusver 97 paatjies in slegs sy 22ste Toets ingeoes.

Indien hy drie paaltjies in die tweede beurt inpalm sal hy die derde vinnigste Suid Afrikaanse speler word om die mylpaal te bereik. Slegs Vernon Philander (17 wedstryde) en Dale Steyn (20 wedstryde) het die mylpaal vinniger bereik.

Die enigste kolwer van Bangladesj wat wal gegooi het was Litton Das. Hy het amper helfte van die besoekers se kolfbeurt bygedra (70 van 77 balle, 13 viere) voordat hy Rabada se 4de slagoffer geword het.

Die enigste kolwer om dubbelsyfers te behaal was Imrul Kayes.