Elgar, Markram skitter vir Proteas in lopiefees

BLOEMFONTEIN, SOUTH AFRICA - OCTOBER 06: Dean Elgar of the Proteas celebrates his 50 runs during day 1 of the 2nd Sunfoil Test match between South Africa and Bangladesh at Mangaung Oval on October 06, 2017 in Bloemfontein, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

BLOEMFONTEIN, SOUTH AFRICA - OCTOBER 06: Dean Elgar of the Proteas celebrates his 50 runs during day 1 of the 2nd Sunfoil Test match between South Africa and Bangladesh at Mangaung Oval on October 06, 2017 in Bloemfontein, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

DEAN ELGAR en Aiden Markram het gesorg vir die 11de geleentheid waar die aanvangspaar meer as 200 lopies vir die Standard Bank Proteas aanteken en die tuisspan in beheer geplaas op die eerste dag van die tweede Sunfoil Test match teen Bangladesj op die Mangaung Oval.

Hul venootskap van 243 was Suid Afrika se 8ste hoogste van alle tye en die eerste keer dat beide aanvangskolwers honderdtalle aanteken sedert Graeme Smith en Neil McKenzie se 204 op Lord's in 2008.

Elgar het ook sy 1000ste Toetslopie in die kalender jaar voltooi deur 5 honderdtalle en algeheel sy 10de Toetshonderdtal aan te teken. Hy het ook die 9de Protea kolwer geword om dubbelsyfers te behaal in terme van Toetshonderdtalle.

Markram het ook vergoed vir sy teleurstelling in die vorige Toets deur hierdie keer sy eerste Toetshonderdtal aan te teken.

Die Proteas het ook teen 'n indrukwekkende tempo gekolf. Die aanvangsvenootskap het 53 boulbeurte in beslag geneem voordat Elgar kleedkamer toe moes stap (113 van 152 balle, 17 viere). Markram het op die ou end 143 aangeteken (186 balle. 22 viere) en albei kolwers het stewig gekolf.

Die Proteas het 126 tydens die eerste sessie aangeketen, 130 in die tweede en 'n verdere 172 tydens die laaste sessie. Die tuisspan het geëindig op 428/3 met Hashim Amla onoorwonne op 89 (99 balle, 12 viere) en Faf du Plessis op 62 (92 balle, 6 viere), met die paar wat 140 om die vierde paaltie tot dusver gemoker het.

Die boulers van Bangladesh het hard geswoeg en gesukkel met 'n strategie om die kolwers te pla. Hulle het wel 'n paar probleme veroorsaak deur kort te boul, maar daarna het Amla en Du Plessis hul voete gevind en die krane oopgedraai.

Du Plessis is nou in 'n posisie om in die omgewing van 600 die beurt te verklaar en sy boulers sal steeds genoeg boulbeurte oor het om druk op Bangladesj te plaas.

Afgesien van die lopies op die telbord sal die Proteas ook uitsien na 'n kolfblad met hope wip en lewe. Die boulers van Bangladesj het die kortbal goed gebruik en die Proteas sal heel moontlk dieselfde taktiek gebruik.

Die Proteas het 58 grenshoue op die dag gemoker en dit was 'n reuse hupstoot vir die Sunfoil Opvoedkundige Fonds, wat gemik is op opvoeding vir minder bevoorregtes. Die fonds het met R65 500 gegroei, met 'n totaal van R290 000 vir die reeks tot dusver.