Ons wil nog 'n dominerende vertoning lewer – Du Plessis

Faf du Plessis during the South Africa national mens cricket team training session and media interviews at Mangaung Oval on October 04, 2017 in Bloemfontein, South Africa. (Photo by Frikkie Kapp/Gallo Images)

Faf du Plessis during the South Africa national mens cricket team training session and media interviews at Mangaung Oval on October 04, 2017 in Bloemfontein, South Africa. (Photo by Frikkie Kapp/Gallo Images)

Standard Bank Proteas kaptein, Faf du Plessis, vra vir nog 'n dominerende vertoning in die tweede Toets teen Bangladesh by die Mangaung Oval. Du Plessis het die oorwinning met 333 lopies in die eerste Toets as "foutloos" beskryf en het 'n beroep op sy spelers gedoen om die reeks op 'n hoë noot af te sluit.

“ Ons wil nog 'n dominerende vertoning lewer," het Du Plessis aan die media in Bloemfontein gesê. "Ons moet eerlik met onsself wees. In hierdie toestande is dit belangrik dat ons Bangadesj oortuigend klop. Ja, hulle kan gevaarlik wees by tye, maar ons moet hulle onder druk hou en hulle geleenthede beperk."

“In hierdie wedstryd is dit ook belangrik dat ons bestendig bly," het hy verduidelik. "Ons was vir 5 dae briljant in Potch. Daar was nie een sessie wat aan Bangladesj behoort het nie. Ons het die perfekte spel gespeel. Dis belangrik dat ons daarop voortbou en om te strewe om net die beste te lewer."

Die besering aan Morne Morkel is ietwat van 'n kopseer vir die keurders. Hulle oorweeg tans om hom met 'n bouler te vervang of dalk die ekstra veelsydige speler in te span. Du Plessis verwag dat die toestande baie vinniger sal wees as in Potchefstroom en dit hou goeie dinge in vir die snelaanval.

“ Dis moeilik om sonder Morné klaar te kom," het hy gesê. "Ons wil seker maak dat die boulaanval steeds gevaarlik bly. Met Morne, KG, Dale en Vernon is daar 'n sekere verwagting, maar sonder hulle is dinge soms onseker. Dis belangrik om balans te behou in die span, maar ons wil steeds 'n goeie boulaanval behou."

Die reeks is die laaste Toetsreeks van 2017 en weens die aantal beserings onder die boulers gee dit die breinstrust 'n kans om die diepte van die boulaanval in die land te toets.

“Met verskeie spelers wat afwesig is, is dit belangrik dat ons onsself toets teen spanne soos Bangladesj," het Du Plessis gesê. "Dis ongelukkig dat ons snelboulers almal op dieselfde tyd beseer is. Ons het nog nie so 'n scenario gehad nie. Dis die eerste keer dat ek iemand soos Patto (Paterson) met die rooi bal in aksie sien so ons sal sien wat die diepte van talent in die land is."

Spel begin om 10h00 plaaslike tyd.