Paterson vervang beseerde Morkel

Dane Paterson

Dane Paterson

WSB Cape Cobras snelbouler, Dane Paterson, is in die Standard Bank Proteas se groep ingesluit vir die tweede Sunfoil Test teen Bangladesj, wat Vrydag by die Manguang Oval in Bloemfontein begin. Paterson vervang vir Morne Morkel, wat 'n spier in sy linkersy geskeur het tydens die oorwinning met 333 lopies op Senwes Park in Potchefstroom.

Proteas spanbestuurder, Dr Mohammed Moosajee verduidelik: “ Morne het gekla van 'n skerp pyn in sy linkersy en moes onmiddellik ophou boul. Skanderings het getoon dat hy 'n skeur in een van die spiere opgedoen het en hy sal die res van die reeks misloop. Hy sal 4 tot 6 weke benodig om te herstel en sal hopelik gereed wees vir die T20 Globale Liga, wat in November begin."

Die span reis Dinsdag na Bloemfontein.