Rabada lei Proteas tot oortuigender oorwinning

emba Bavuma of South Africa and Kagiso Rabada of South Africa during day 3 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and Bangladesh at Senwes Park on September 30, 2017 in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Sydney Seshibedi/Gallo Images)

KAGISO RABADA het die verantwoordelikheid geneem om die boulaanval in die afwesigheid van Morné Morkel te lei en die Standard Bank Proteas gehelp om Bangladesj met 333 te verpletter op die laaste dag van die eerste Sunfoil Toets op Senwes Park.

Rabada het slegs 19 aflewerings benodig om Bangladesj se toporde te vernietig. Dit het die paaltjie van kaptein Mushfiqur Rahim ingesluit met sy derde aflewering van die dag.

Rabada het ook met 'n uitstekende ingooi gesorg dat 'n kolwer uitgehardloop word voordat Keshav Maharaj die res van die kolwers kleedkamer toe gestuur het om 7 paaltjies in die wedstryd te neem. Hy het nou 50 paaltjies in slegs 12 Toetse platgetrek en is onder die vinnigste Suid Afrikaners om die mylpaal te bereik.

Bangladesj se koflbeurt het slegs 83 minute in beslag geneem met 7 paaltjies wat vir 41 lopies gekantel het.

Slegs drie kolwers kon dubbelsyfers behaal in 'n telling van 90 almal uit. Maharaj het geëindig met boulsyfers van 4/25 en Rabada 3/33.

Dean Elgar is as die Sunfoil Speler van die Wedstryd aangewys..