Spanpoging benodig om te wen - Bavuma

Captain Faf du Pleases of South Africa and Temba Bavuma of South Africa during day 4 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and Bangladesh at Senwes Park on October 01, 2017 in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Sydney Seshibedi/Gallo Images)

Captain Faf du Pleases of South Africa and Temba Bavuma of South Africa during day 4 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and Bangladesh at Senwes Park on October 01, 2017 in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Sydney Seshibedi/Gallo Images)

Die Standard Bank Proteas se boulers is oorgehaal om 'n gesamentlike poging in te sit om die oorblywende 7 paaltjies vir 'n oorwinning in te palm op die laaste dag van die eerste Sunfoil Toets teen Bangladesj op Senwes Park in Potchefstroom. Die span het ook 'n terugslag beleef met Morné Morkel wat 'n besering opgedoen het en reën dreig ook op spel op dag 5 in die wiele te ry.

Die debutant, Andile Phehlukwayo, sal 'n belangrike rol moet speel in die tweede beurt nadat hy 6 boulbeurte afgestuur het in die eerste beurt en van die gevaarlike Tamim Iqbal ontslae geraak het. Die kolwer Tema Bavuma is vol vertroue dat Phehlukwayo en die res van die boulaanval genoeg skietgoed het om die oorwinning te verseker.

“Andile het goed by die span in gepas en dit voel nie asof hy sy debuut maak nie," het Bavuma na die dag se spel gesê. "As mens na die kolfblad kyk gaan hy beslis 'n groot rol speel in die tweede beurt. Ons het gesien wat hy in die eerste beurt gedoen het. Hy het die kolwers stil gehou. Daar is baie oneweredige wip en hy gaan die kolwers laat bontstaan.

“Dit was 'n reuse terugslag," het Bavuma van Morkel se besering gesê. "Morkel lei ons boulaanval en hy was goed op dreef. Gelukkig het ons ouens in reserwe. Ek sal ook my boul skoene saambring. Andile, Keshav, KG en Duanne het almal die vermoë om goed te doen en die span uit te help."

Vroeer het Faf du Plessis (81) en Bavuma’ (62) 142 om die vierde paaltjie gemoker en die span se opmars tot oorwinning 'n hupstoot gegee. Bavuma het ook sy veelsydigheid bewys deur sy spel aan te pas.

Bavuma is opgeskuif na die nommer 4 posisie tydens die laaste Toets teen Engeland in Manchester en het hom goed van sy taak gekwyt. Hy spog tans met 'n gemiddeld van 53.33. Hy pas ook aan by die wedstryd situasie en vaar goed wanneer hy kolfmaats in Hashim Amla en Faf du Plessis het.

“Ek probeer my spel aanpas so goed as wat ek kan," het hy van sy kolfwerk gesê."Toe ek kom kolf het, het ons twee vinnige paaltjies verloor. My taak was om die span tot aan die einde van die dag te laat kolf. Ek het sekere tye nie die lopies gejaag nie sodat ons in 'n goeie posisie kan wees. Ons wou oorleef tot en met die etensuur en daarna sou die lopies vloei."

“Ek het die kolf tempo geniet saam met Faf en Amla," het hy verduidelik. "Amla was goed bo-aan die kolflys weens die situasie in die wedstryd en ons het probeer om die beurt te anker om in 'n goeie posisie te wees. Toe Faf kom kolf wou hy met intensiteit en engergie kolf en ek wou dit ook benut. Ek het dit geniet om saam met Hash en Faf te kolf.

Morkel het 'n sy besering opgedoen en kon nie verder boul nie. Hy sal vir skanderings geneem word om die omvang van die besering te bepaal.