Proteas oorkom dubbele terugslae maar bly op koers vir oorwinning

POTCHEFSTROOM, SOUTH AFRICA - OCTOBER 01: Morne Morkel of South Africa celebrates with teammates  after taking a wicket during day 4 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and Bangladesh at Senwes Park on October 01, 2017 in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Sydney Seshibedi/Gallo Images)

POTCHEFSTROOM, SOUTH AFRICA - OCTOBER 01: Morne Morkel of South Africa celebrates with teammates after taking a wicket during day 4 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and Bangladesh at Senwes Park on October 01, 2017 in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Sydney Seshibedi/Gallo Images)

DIE Standard Bank Proteas het die terugslag oorkom deur die angel in hul boulaanval, Morné Morkel te verloor weens 'n heupbesering. Daarna het reën en swak lig hul opmars tot 'n oorwinning op dag vier van die eerste Sunfoil Toets teen Bangladesj in die wiele gery.

Weens die gure weer in die omgewing het Faf du Plessis en Temba Bavuma 'n stewige poging aangewend om die lopietempo op te stoot nadat hulle vroeg die paaltjie van Hashim Amla in die tweede beurt verloor het.

Die paar het 'n indrukwekkende 149 tydens die oggendsessie sonder die verlies van 'n paaltjie aangeteken en teen meer as 5 lopies per boulbeurt gekolf. Hulle het 142 binne 29 boulbeurte gemoker met Du Plessis wat 81 (101 balle, 6 viere en 'n ses) en Bavuma wat 71 (107 balle, 7 viere) aangeteken het.

Keshav Maharaj het daarna die krane oopgedraai voordat Du Plessis die beurt verklaar het en Bangladesj die taak gestel om 424 vir n oorwinning aan te teken.

Morkel het toe die Proteas se kanse op 'n oorwinning 'n reuse hupstoot gegee deur twee paaltjies in sy eerste boulbeurt te neem. Hy kon selfs 'n derde kolwer kleedkamer toe gestuur het, maar het 'n foutbal afgestuur nadat hy die besoekende kaptein Mushfiqur Raheem, skoongeboul het. Raheem het oorleef tot en met die etensuur maar het sy kolfmaat Imrul Kayes in die laaste boulbeurt van die dag verloor toe hy deur Quinton de Kock uitgevang is vanaf die boulwers van Maharaj.

Dit het Bangladesj met die rug teen die muur gelaat op 49/3 en selfs al sou Morkel vir die res van die wedstryd nie kan boul nie, hou die Proteas steeds al die troefkaarte. Maharaj veral hou gevaar in op 'n kolfblad wat al hoe meer verbrokkel.